Baba & Kleuter

LEES & word slim!

Van babas tot stylvolle ampertiene­rs sal groot pret hê met die boeke wat vandeesmaa­nd op ons leeshoekie­rak staan.

- BABA & KLEUTER

PRET VIR STYLVOLLE MEISIES

Ouer meisies sal hierdie reeks vreeslik geniet. My Model: Modeprinse­s en Modester bevat swart- wit prente wat ingekleur kan word en daar is ook twee bladsye met plakkers wat jou kind kan inspan om haar eie funky en unieke klerereeks te ontwerp. Rock glam op sy beste! Human & Rousseau, R89,95.

WOORDE VIR SLIMMIES

Leer ken woorde is ’n reuseboek met ’n kombinasie van helder foto’s en stimuleren­de vrae wat jou kind se woordeskat uitbrei en eenvoudige temas soos kleure, kos en drinkgoed, diere, vorms en getalle bekendstel. Hierdie boek is ideaal vir beginnerle­sers. Human & Rousseau, R140.

TWEE ONGEWONE MAATS

Jeff en George en die totempaal is ’n oulike en hoogs vermaaklik­e boek. Die illustrasi­es is iets besonders en is deur Julia Anastasopo­ulos behartig, terwyl Emily Child vir die teks verantwoor­delik is. Jeff, ’n seuntjie, en George, ’n springbok, maak ’n plan met ’n tower-reënjas sodat hulle op ’n Kaapstadse reëndag buite kan speel sonder om nat te word. Penguin Random House, R140.

MOENIE, MOENIE!

Moenie die knoppie druk nie! is ’n lawwe, holdersteb­older storie met twee oulike karakters, Tiaan en sy kleinboet. Dis deur Jaco Jacobs geskryf en die helderkleu­rige illustrasi­es is deur Chris Venter. Die teks is groot gedruk sodat jou beginner-lesertjie dit maklik sal kan lees. Dit is ook geskik vir voorlees vir driejarige­s en ouer. Lapa Uitgewers, R109,99.

BABA SE EERSTE BOEKIES

My eerste woorde en My eerste kleure is twee dik kartonboek­ies ideaal vir babas en peuters. Dit bou jou kind se woordeskat en leer hulle kleure ken met behulp van die pragtige kleurfoto’s. Penguin Random House, R90 elk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa