Baba & Kleuter

HY HOU POTLOOD VERKEERD VAS

-

My kind is in graad O. Hy hou sy potlood verkeerd vas, maak nie saak hoeveel keer ek hom reghelp nie. Hy draai ook die bladsy of boek waarop hy werk heeltemal skeef wanneer hy teken of skryf. Hoe kan ek hom help?

LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Ek het by Bunty McDougall, arbeidster­apeut en skrywer van die TheHappyHa­ndwriter ®-program, om raad gaan aanklop. Sy sê dat as jou kind in staat was om sy potlood korrek vas te hou, sou hy dit gedoen het.

Soms het die spiertjies net nog nie genoeg ontwikkel nie. Daarom sal dit goed wees as ons na planne kyk om sy spiere te ontwikkel terwyl jy voortgaan om hom te herinner om sy potlood reg vas te hou.

Kom ons kyk na die elemente van ’n korrekte potloodgre­ep en hoe jy dit kan aanmoedig: • Wanneer jou kind takies teen ’n vertikale oppervlak uitvoer, sal die spiertjies in sy pols ontwikkel. Teken of verf op ’n esel en speel met skeerroom teen die stortmuur. • Ontwikkel die klein spiertjies in die hand deur papiere met een hand op te frommel of plante met ’n spuitbotte­l nat te spuit. • In die TheHappyHa­ndwriter- program noem Bunty die drie vingers wat potlood moet vashou die “drie vriende”. Hul ontwikkeli­ng kan aangemoedi­g word deur ’n tol te spin en kleiballet­jies met die drie vingers te rol. Ná ’n paar weke se oefening sal hierdie spiertjies sterker wees en kan jy daaraan begin werk om sy greep te verander. Bunty beveel aan dat jy ’n produk koop wat die Stetro-potloodkle­m (pencilgrip) genoem word.

Koop genoeg dat jy een aan elke kleurpotlo­od kan glip – dit is ontwerp om hom te help om die potlode korrek vas te hou.

Daar is verskeie redes waarom kinders hul papiere draai wanneer hulle skryf, onder meer probleme met midlynkrui­sing, postuurbeh­eer en/of visueel-motoriese integrasie.

Bunty beveel aan dat jy jou seuntjie aanmoedig om sy papier parallel met sy voorarm te plaas. Die driehoekig­e ruimte tussen die onderkant van die papier en die tafel se rand word deur Bunty die krokodil se mond genoem. Jy kan dalk die buitelyne van die hoek met maskeerban­d op sy tafel plak om hom aan die korrekte posisioner­ing te herinner.

Jou kind is nou op die ouderdom waar die korrekte potloodgre­ep vasgelê moet word. Wees daarom doelgerig om die speletjies te speel en die fondamente­lemente te ontwikkel.

As ons dit op ’n prettige manier doen, geniet die kinders dit.

Gaan gerus na thehappyha­ndwriter.co.za as jy nog inligting nodig het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa