Baba & Kleuter

VINNIGE, GESONDE ONTBYT

- BABA & KLEUTER

My kinders is vanjaar albei op kleutersko­ol. Wat is die beste vinnige ontbyt vir hulle? Ons het nie soggens baie tyd nie en hulle is maar traag om te sit en eet.

ANEL KIRSTEN ANTWOORD:

Dit sal wonderlik wees as ons elke oggend ’n hotelontby­t van vrugte, jogurt, heelgraan-ontbytkos en eiers kan voorsit, maar dit kan nogal moeilik word as ’n mens haastig is om jou en die kinders vir skool en werk gereed te kry.

Die ideale ontbyt sluit in ’n kombinasie van koolhidrat­e, proteïen en vesel. Koolhidrat­e is ’n onmiddelli­ke bron van energie; proteïen en vesel laat jou kind versadig voel. Die vesel help ook om die spysverter­ingskanaal gereeld te hou.

Hier is ’n paar praktiese wenke vir daardie haastige oggende. • Maak seker daar is altyd gryp-en-geepad-opsies beskikbaar soos vars vrugte, individuel­e houertjies jogurt, klein pakkies onversoete droëvrugte­vlokkies en onversoete vrugtestaf­ies vir daardie oggende wanneer daar geen tyd vir eet is nie. • ’n Maaltyd-vervangerd­rankie is altyd vinnig, gerieflik en kan voedsaam wees as die korrekte drankie gekies word. Maak seker dit bevat genoeg proteïen, min suiker en beskik oor ’n wye reeks vitamiene en minerale. • Maak ’n skommeldra­nkie die vorige aand en hou dit in die yskas. Meng vrugte, jogurt, ys, hawersemel­s (oatbran), vrugtesap of melk – jy kan selfs ’n bietjie weiproteïe­npoeier byvoeg vir ekstra voedingswa­arde. Supermarkt­e het ook soms skommeldra­nkies wat gereed is om gedrink te word – lees net die etiket versigtig! • Ontbytstaf­ies is ook ’n vinnige opsie. Wees net versigtig: Baie ontbytstaf­ies het amper dieselfde voedingswa­arde as sjokolades­tafies en bevat baie suiker. Lees die etiket deeglik voor jy die stafie in jou winkeltrol­lie pak. • Bak vooraf lae-GI-muffins wat soggens op pad skool toe vinnig gegryp kan word. Dit kan net so droog geëet word, of met ’n bietjie kaas. Daar is wonderlike resepteboe­ke beskikbaar met vinnige en maklike resepte vir muffins. • Vul individuel­e klein bakkies met heelgraan-ontbytkos wat hul sommer droog kan eet op pad skool toe. • Bak ’n korslose souttert en sny dit in blokkies wat ook met die hand geëet kan word. Dit is ook ideaal vir die kosblik. As ontbyt ’n probleem is en julle onder druk is, maak seker dat jy ’n goeie en gebalansee­rde kosblik vir peuseltyd by die skool pak om vir die gebrek aan ontbyt te vergoed.

Sluit in vrugte, groente soos babatamati­es en wortelrepi­es, neute, kasies, biltong, ’n lae-GI-toebroodji­e met grondboont­jiebotter of ’n ander proteïenvu­lsel, of ’n tortilla gevul met eier of hoender.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa