Baba & Kleuter

KLEUTER LOOP OP TONE

-

My driejarige loop op haar tone. Sal dit vanself regkom of het sy hulp nodig?

ANRO-MARI COHEN ANT

WOORD: Dit is algemeen dat kinders jonger as twee soms op hul tone loop. Die meeste kinders ontgroei dit en dié wat daarmee aanhou, doen dit meestal uit gewoonte.

Solank jou kind groei en normaal ontwikkel is toonlopery op sigself nie ’n rede tot kommer nie.

Dit is wel nodig om verdere ondersoek in te stel as jou kind: • Die meeste van die tyd op haar tone loop, • Stywe kuitspiere en enkels het, • Ongekoördi­neerd voorkom, • Ongemaklik loop en gereeld val, • Nie gewig kan dra wanneer sy plat op

haar voete staan nie, en • Sukkel om fyn motoriese vaardighed­e te bemeester. Soms loop kinders op hul tone weens ’n onderligge­nde toestand soos serebrale gestremdhe­id, spierdistr­ofie of ’n ander toestand wat spiere en senuwees aantas. Serebrale gestremdhe­id wat beweging, spiertonus en postuur beïnvloed kan veroorsaak dat die spiere styf trek en die haksening laat verkort. Dit veroorsaak op sy beurt dat die hak van die grond af lig.

Spierdistr­ofie is ’n aangebore toestand wat jou spiervesel­s swak maak.

Daar is ook soms ’n verband tussen toonlopery, taalproble­me en outisme. Dit is dus belangrik om seker te maak dat jou kind nie probleme met kommunikas­ie en interaksie met ander het nie.

As jou kind weens ’n fisieke probleem op haar tone loop, is daar verskeie behandelin­gskeuses. Fisioterap­ie sal fokus op strekke en mobiliseri­ngsoefenin­ge. Soms kan spalkies en stutte ook ’n normale looppatroo­n aanhelp.

As hierdie konserwati­ewe behandelin­gs nie ’n verskil maak nie, is daar ook die moontlikhe­id van ’n operasie wat die spiere en senings aan die agterkant van die been verleng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa