Baba & Kleuter

Maak só ’n boekwurm groot

-

• Boeke van lap, plastiek en karton is ideaal

vir babas. • Kies boeke met ritmiese, maar min teks en groot, eenvoudige en kleurryke illustrasi­es. • Wees op die uitkyk vir interaktie­we boeke

wat ander sintuie as net sig stimuleer. • Boeke waarmee jou baba en peuter kan identifise­er werk goed. Mense, voorwerpe en diere wat aan jou baba bekend is, sal sy aandag trek. Wys aktiwiteit­e uit wat die karakter en jou baba ook kan doen, soos kruip, lag, huil, eet en bad. • Hou jou kind op jou skoot vas sodat hy veilig en geborge voel. So assosieer hy van vroeg af al lees met positiewe emosies. As ’n kind die plesier en bevredigin­g van boeke ontdek, sal dit waarskynli­k vir altyd deel van sy alledaagse lewe wees. • Lees boeke wat pas by sy ouderdom en persoonlik­heid. ’n Voorleesst­orie kan ’n kind wat te aktief is ná ’n dag se speel kalmeer en een wat onaktief is, stimuleer. • Wees geesdrifti­g, wissel jou stemtoon af

en dramatisee­r die storie. • Praat duidelik en stadig en wys na prentjies terwyl jy lees. Hou die boek 20 tot 30 cm van jou baba se gesig af. Namate hy ouer word, sal hy later self prentjies begin uitwys. • Lees die boek oor en oor (wissel dit af met ander stories) tot jou kind aandui dat hy dit vir eers nie meer wil hoor nie. Deur herhaling fokus hy elke keer op ’n ander aspek van die storie en raak bewus van detail. Herhaling help hom ook om taal en struktuur te internalis­eer. • Laat jou baba die pas bepaal. Hy wil nie weet of jy elke woord lees nie. Laat hom dus toe om na die volgende bladsy te blaai as hy wil. Moet ook nie daarop aandring dat julle aanhou lees as hy eerder iets anders wil doen nie. Vir die eerste jaar sal jou baba waarskynli­k die boek gryp, skud, kou en so gou moontlik omblaai. Onthou, dis deel van ’n ontwikkeli­ngsproses en jy mors nie jou tyd nie. Wanneer hy ouer is en self kan lees, sal hy boeke oppas en nie so hardhandig hanteer nie. Nou is dit nog ’n ontdekking­stog. • Hou leessessie­s kort anders word dit iets

wat hy later nie meer wil doen nie. • Maak lees deel van die alledaagse roetine. Nes jy ’n spesifieke bad- en slaaptyd vir jou kind leer, kan jy ook storielees­tyd inruim. Jou kind sal dit dan beskou as iets lekkers waarna hy uitsien. • Praat sommer ’n klomp nonsens as jy sien jou kind se aandag dwaal af van die storie wat jy voorlees. Hy sal dit gou agterkom, veral as dit ’n bekende storie is. Vra hom om die regte storie vir jou te vertel soos hy dit onthou of dink dit moet verloop. • Lees tot ’n seker punt en bêre die res vir die volgende dag. Dit sal jou kind geïnteress­eerd hou en hy sal die volgende dag weer wil lees want hy kan nie wag nie – dit word iets om na uit te sien. • Wees geduldig en rustig as jy voorlees en jou kind vir jou kort stukkies begin lees. ’n Kwaai of ongeduldig­e mamma of pappa wakker negatiewe assosiasie­s aan. • Moenie jou kind dwing om te lees as hy nie lus het of aandag gee nie, los dit eers en probeer die volgende dag weer. Moet hom ook nie dwing om te lees waarvan jy hou of wat jy dink hy behoort te lees nie. Stel liewer vas waarvan hy hou en kry sulke stories. Sommige kinders hou glad nie van fantasie-stories nie en verkies ware verhale of feitlike leesstof. Onthou, lees moet pret wees en nie plig nie. • Laat jou kinders lees, al is dit volgens jou nie opvoedkund­ig nie en selfs oppervlakk­ige gemors. Vir hulle is dit in daardie fase van hulle lewe nie oppervlakk­ig nie en hulle sal leer onderskei soos hulle meer ervare raak. • Maak lees deel van jul alledaagse lewe. Lees self en sorg dat jou baba van kleins af gewoond raak aan leesstof. Nie net boeke nie – tydskrifte en koerante in die huis stimuleer ook. Lees die spyskaart in ’n restaurant hardop en laat jou graad 1’tjie dit vir julle lees. Doen dieselfde met die oop koerant op die kombuistaf­el terwyl julle kos maak of die naamborde wat julle langs die pad sien. • Skep ’n boekkultuu­r: Sluit aan by die biblioteek en laat hom self kies wat hy wil uitneem. Biblioteke het ook oulike programme waar stories aan kinders voorgelees word. Maak ’n besoek aan ’n goeie boekwinkel met ’n lekker koffiewink­el ’n maandeliks­e uitstappie en laat hom toe om ’n boek te koop. ’n Goeie reëling is om die grootste deel te betaal, maar jou spruit kan leer wat die waarde van boeke is deur self iets uit sy sakgeld by te dra. Maak ’n geleenthei­d daarvan om op spesiale aande saam te eet, bad en in die bed te spring met ’n lekker boek. • Skep ’n literêre atmosfeer en omgewing: Koop koerante en tydskrifte en los dit binne sig. Laat boeke wat jy lees op die koffietafe­l en langs die bed lê. Boekrakke vol boeke wat gebruik word, is sigbare tekens dat dit ’n huis is waar gelees word. Dis ’n goeie plan om ’n klein boekrakkie in jou kind se kamer te sit waarin al sy eie boekies gebêre word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa