Baba & Kleuter

Liewe Baba & Kleuter

-

Die Daniel and Friends Fund is ’n niewinsgew­ende organisasi­e wat kinders met spesiale behoeftes help. Al die direkteure het self kinders met spesiale behoeftes en daarom het ons een groot droom … om ’n platform te skep waar’ n sterke ren intiemer spesiale behoeftes- gemeenskap kan floreer. Ons fokus op vier gebiede: oueronders­teuning, die kinders, om aan die gemeenskap terug te gee en om geld in te samel. Ons bied ouer ondersteun ingaan met ’n 24 uur-aanlynsteu­ngroep, emosionele ondersteun­ing (wat deur ’n maatskapli­ke werker of sielkundig­e gelei word wanneer nodig), opvoeding deur opleidings­klasse soos KPR-kursusse en terapie-ingryping ,’ n bewusmakin­g sveldtog wat ons by skole aanbied en die reël van gesinsakti­witeit e. Ons tweede fokusarea is die kind met die spesiale behoeftes. Ons doen hospitaalb­esoeke, reël sosiale byeenkomst­e en bied finansiële ondersteun­ing vir verskeie behoeftes soos hulp met terapiebet­alings of die aankoop van toerusting­s soos looprame en rolstoele. Die derde gebied waarop ons fokus is om aan die gemeenskap terug te gee deur hulp aan ander organisasi­es te bied. Ons help veral dié wat met gestremde kinders werk deur geld te help insamel of die projek self te help fasiliteer. Die laaste fokusgebie­d is geldinsame­ling deur die reël van funksies. In die laaste jaar het ons verskeie geldinsame­lings gehou waarvan ’n Lollos-konsert in September een van die gunsteling­e was. Die kinders en ouers het lekker saamgesing en -gedans. Nog ’n suksesvoll­e geleenthei­d was die Touching the Heart Gala-projek op Jeugdag 16 Junie 2016 by Val de Vie in die Kaapse wynlande. Vele bekendes het dit bygewoon om hul ondersteun­ing vir die inisiatief te wys. Ons voel sterk dat geen ouer ooit hierdie pad alleen hoef te stap nie. Die druk en spanning waarmee ’n mens elke dag leef wanneer jy ’n kind met spesiale behoeftes het, kan vinnig veroorsaak dat jy geïsoleerd en eensaam begin voel. Dit kan natuurlik heeltemal vermy word as jy deel van die regte ondersteun­ingsgroep is. Groete Die Daniel and Friends Fund-familie

 ??  ?? Die akteur en TV-aanbieder Hannes van Wyk was seremoniem­eester by die Lollos-konsert. Kate Laurie (direkteur), sanger Emo Adams, le Roux (direkteur), Lianie (ambassadeu­r) Michelle Gildenhuys Adams en Nicky de Beer (direkteur). Die joernalis en...
Die akteur en TV-aanbieder Hannes van Wyk was seremoniem­eester by die Lollos-konsert. Kate Laurie (direkteur), sanger Emo Adams, le Roux (direkteur), Lianie (ambassadeu­r) Michelle Gildenhuys Adams en Nicky de Beer (direkteur). Die joernalis en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa