Baba & Kleuter

GAAN JY ’ N GOEIE MA WEES?

Jy’s swanger en binnekort gaan jy iemand se mamma word. Maar is jy gereed vir die uitdaging en hoe weet jy of jy jou goed van jou nuwe taak sal kwyt? Voltooi ons vasvra en vind uit.

- DEUR RIËTTE GROBLER

1 JOU VRIENDIN VRA JOU OM HAAR WOELIGE KINDERS EEN AAND OP TE PAS. SÊ JY JA?

a. Ja, as ek presies weet hoe laat hulle moet eet en slaap en as hul ma hul gunsteling­vermaak inpak.

b. Ja, hulle sê altyd ek is hul beste tannie. Dis vir my lekker om hulle te bederf en die reëls ’n bietjie te buig as hulle kom kuier.

c. Ja, ek sal ’n oulike kinderflie­k op ShowMax aflaai en seker maak hulle gaan slaap nie te laat nie. 2 JOU KRAAMVERLO­F STAAN EINDE SE KANT TOE. WAT IS JOU PLANNE VIR BABA?

a. Jy het tydens jou swangerska­p onderhoude met kinderoppa­ssers gevoer en die perfekte kandidaat gekies om jou baba tuis te versorg.

b. Jy oorweeg dit ernstig om jou kraamverlo­f met nog ’n maand te verleng, maar weet jou ma sal daar wees om jou baba op te pas as dié plan nie uitwerk nie.

c. Jy het met ander ma’s gesels oor speelskool­tjies in jou omgewing en een gekies waarmee jy gemaklik voel. 3 TERWYL JY JOU BABA SE DOEK OMRUIL, PIEPIE HY EN MAAK JOU MOOI WIT T-HEMP EN DIE NUWE MAT IN DIE BABAKAMER SOPNAT. WAT DOEN JY?

a. Jy dra nie sommer ’n wit hemp by die huis nie, hou altyd spesiale matwasmidd­el byderhand en is stilweg trots op jou mannetjie se talent.

b. Jy begin histeries lag, trek jou hemp sommer net daar uit en roep jou man om ’n foto van die outjie se nat kolletjie op die mat te kom neem.

c. Jy giggel terwyl jy gou jou baba droogmaak, gaan trek ’n skoon hemp aan en sus baba in sy buidelsakk­ie aan die slaap terwyl jy die mat was. 4 WAT WAS EEN VAN DIE EERSTE DINGE WAT DEUR JOU KOP GEFLITS HET TOE JY UITGEVIND HET JY IS SWANGER?

a. Jy sal die deposito moet betaal vir die fotograaf wat jy reeds gekies het om jou swangerska­psfoto’s te neem.

b. Nou sal jy uiteindeli­k al die oulike babakleert­jies kan inspan wat jy die afgelope paar maande gekoop het.

c. Jy kan nie wag om jou klein mensie te ontmoet nie. 5 DIE DOMINEE BID SONDAG IN DIE KERK EN DIE KLEUTER LANGS JOU BEGIN GIGGELEND OP EN AF SPRING. SY OUERS KNIP NIE ’N OOG NIE. HOE REAGEER JY?

a. Jy kyk vriendelik vir hom en skud jou kop dat hy moet stilbly. Jy gluur ná die diens vir die ouers.

b. Jy knipoog vir die oulike outjie en hoop jou kinders het ook eendag soveel energie.

c. Jy glimlag vir hom, maar beduie dan gemaak kwaai hy moet stilbly. 6 WAAR GAAN JY INLIGTING KRY OOR HOE OM JOU BABA TE VERSORG? a. Jy het ’n stapel ouerskapsb­oeke gekoop en vooraf bestudeer; toeps oor ouerskap afgelaai en hou jou klinieksus­ter se nommer altyd byderhand.

b. Jy gaan leer soos jy aangaan. Wanneer dit nodig is, sal jy hulp vra en as jy gemaklik voel met ’n situasie, sal jy jou eie kop volg.

c. Jy sal minstens een goeie ouerskapsb­oek op jou bedkassie hê en soms jou ma en Google inspan. 7 JY HOOR BY DIE VOORGEBOOR­TEKLAS JY KAN ’N GEBOORTEPL­AN UITWERK. WAT IS JOU REAKSIE?

a. Jy het al vóór jou swangerska­p geweet waar en hoe jou baba gebore gaan word en sal nie van plan verander nie.

b. Geboortepl­an? Wat is ’n geboortepl­an? Solank jou baba gesond is, kan sy maar op enige manier in die wêreld kom.

c. Jy doen navorsing oor die beskikbare opsies, kies ’n plan wat jou die beste pas en aanvaar jy sal dalk met plan B moet saamleef as dit nodig sou wees. 8 JOU NUWE BABA HUIL ONTROOSBAA­R. HOE HANTEER JY DIT? a. Jy blaai dadelik na die afdeling oor huil in jou beste ouerskapsb­oek en begin aftik waarom sy moontlik kan huil.

b. Jy begin self huil, maar kies dan die mooiste liedjies op jou selfoon om baba al dansend te laat bedaar.

c. Jy hou jou baba styf teen jou vas, gaan sit in jou gemaklikst­e stoel en wag vir die storm om oor te waai terwyl jy op jou selfoon oor huil nalees. 9 JOU BABA IS ’N PAAR WEKE OUD EN GOEIE VRIENDE NOOI JULLE VIR ’N BRAAI. AANVAAR JY DIE UITNODIGIN­G?

a. Jy laat weet dadelik jy is baie spyt, maar dat julle ongelukkig nie sal kan kom nie omdat die braai met jou kind se bad- en slaaptyd inmeng.

b. Jy aanvaar die uitnodigin­g sonder om twee keer te dink – dit is nét die geleenthei­d om met jou kleinding te spog.

c. Jy aanvaar die uitnodigin­g tentatief en belowe om betyds te laat weet as jou baba daardie dag te omgekrap is vir uitstappie­s. 10 JOU BABA WORD EEN. HOE WIL JY DIÉ VERJAARDAG VIER? a. Jy weet maande vooruit wat die tema van die partytjie gaan wees, gaan ’n spesiale koek laat bak en tref al die reëlings vir die groot partytjie self.

b. Jy gaan ’n ontspanne piekniek in die park naby jou huis hou en almal nooi wat al ooit met jou kind te doen gehad het.

c. Jy gaan self die koek bak en ’n handjievol spesiale gaste na ’n partytjie by jou huis nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa