Baba & Kleuter

EN TOE ... DIE WONDERWERK

- LIZELLE BROWN, RUSTENBURG, NOORDWES

Elke oggend as ek opstaan en hierdie klein lyfie langs my sien slaap, dank ek God vir hierdie groot geskenk wat hy my gegee het.

Nooit het ek gedink dit sal met my gebeur nie. Op 23 is endometrio­se by my gediagnose­er en ek is geopereer. Daarna was ek weer twee keer onder die mes en my kans om swanger te raak, het met elke operasie skraler geword.

Ek en my man was reeds ses jaar getroud en ons het maar saam vir ons aftrede begin beplan. Ons het ’n dubbelverd­iepinghuis gekoop met ’n swembad binne en elke dag net vir mekaar gelewe. As ek ander mense met ’n kleintjie gesien het, het ek maar weggeskram en effens geglimlag en gesê die babatjie is mooi of pragtig. Wanneer ons by mense gaan kuier en almal gevra het “nou wanneer begin julle met ’n gesin?” het ons maar net gelag en gespot dit was nooit vir ons beskore nie.

Elke jaar het my sogenaamde biologiese horlosie getik en elke jaar het ek met God onderhande­l, maar al wat gebeur het was dat ek nog ’n jaar ouer geword het. So op 35 het ek moed verloor en besluit nou is dit net ek en my man en so gaan ons maar die lewe hanteer.

Verlede jaar met ’n naweek weg het my man vir my gesê hy dink daar is ’n slang in die gras. Ek het gedink hy het sy varkies verloor en so het ons die naweek verder geniet en teruggekee­r huis toe.

Ek het natuurlik dadelik ’n dieet oorweeg, want ek kon sien ek moes plan maak. Skielik begin my werkklere ’n bietjie knapper sit.

Twee weke later het my man verjaar en hy het op nommer 99 besluit ek moet ’n paar eetgoedjie­s vir sy werk maak. Ek het heeldag op en af tussen huis en winkel gejaag en toe besluit om by Clicks ’n swangerska­pstoetsie te koop vir die wis en onwis.

Nodeloos om te sê was die toetsie positief. Ek kon my oë nie glo nie. Die volgende dag is ek dokter toe en dié sê toe ook sy is 99 persent seker ek is swanger, maar as daar enige twyfel is moet ek gou ’n bloedtoets laat doen. En weer eens het die bevestigin­g gekom.

Maar ek, die ewige twyfelaar, het dit steeds nie geglo voor ek die eerste sonar laat doen en die hartjie sien klop het nie. Ek was reeds ses weke swanger.

Op agt weke het ek amper hierdie klein lyfie verloor en is op bedrus geplaas. Weens my ouderdom het die dokters daarop aangedring dat ek op 16 weke ’n bloedtoets laat doen om te bepaal of die babatjie Down-sindroom het of nie. Ek het geweier en vir my man gesê kom wat wil, ek sal hierdie kind grootmaak soos God hom vir my gee.

My seuntjie is vyf maande en twee weke oud en hy is so perfek soos kan kom. Ek dank God elke oggend en elke aand, en weet ek en my man is verseker geseën.

Aan al die ander mammas en pappas wat sukkel: hou moed, God het sy eie tyd.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa