Baba & Kleuter

BRAAF of broos?

Dis ’n oomblik van groot vreugde wanneer jy uiteindeli­k jou vroeggebor­e baba van die hospitaal af huis toe bring.

- DEUR NIA VISAGIE

Alle ouers is onseker en effens senuweeagt­ig wanneer hulle met hul splinternu­we baba huis toe gaan. Vir ouers van ’n vroeggebor­e babatjie is dit nog meer oorweldige­nd – maar hou moed, jul kleinding het hom reeds as vegter bewys en het dit reggekry om sy eerste mylpale in die neonatale intensiewe eenheid (NISE) te haal.

En nou is julle in staat om jul baba self te versorg. Kyk net wat kan jul baba al alles doen voor hy saam met ma en pa huis toe gaan: • Hy het dit reggekry om buite die baarmoeder verder te ontwikkel en kan nou self sy liggaamste­mperatuur buite die broeikas reguleer. • Hy kan alle voedings mondeliks inneem deur die bors of bottel. Gelukkig is die buisvoedin­g, waar hy kossies deur sy neus tot in sy magie gekry het, nou iets van die verlede. Dit het nie sommer net gebeur nie: Eers kon hy net een normale voeding per dag inneem, maar stelselmat­ig is alle buisvoedin­gs deur normale voedings vervang. • Sy gewig met bors- of bottelvoed­ing het oor ’n spesifieke tydperk reeds minstens 142 g tot 170 g per week toegeneem. • Hy hoef waarskynli­k nie meer antibiotik­a

en suurstof te kry nie. • Apnee, ’n toestand waar jou baba vir 20 sekondes of langer ophou asemhaal omdat sy liggaampie nog nie outomaties weet om weer te begin asemhaal nie, is vir minstens ’n week nie meer aanwesig nie. Die deel van sy brein wat asemhaling reguleer, het nou so ontwikkel dat sy lyf dit self kan doen. • Bradikardi­e (hartvertra­ging) is ook vir ten minste ’n week nie meer aanwesig nie en jou baba se hartklop is nou reëlmatig en nie partykeer stadiger nie. • Die klein mannetjie is neurologie­s stabiel, wat beteken hy het in die tyd in die NISE geleer om stres, lig en geraas te hanteer en sy lyfie weet nou ál meer hoe om hom self te beskerm en te kalmeer.

HOE BESKERM EK MY KIND TEEN SIEKTES?

Omdat jou baba nog nie fisiek so volledig ontwikkel het soos sy maatjies wat teen hul verwagte datum gebore is nie, is hy meer vatbaar vir infeksies. Vroeggebor­e babas se dun velletjie is tot 14 dae ná geboorte nog nie met die beskermend­e keratienla­gie bedek nie en al die ingrypende mediese prosedures in die NISE ontwrig die vel net nog meer, wat mikroörgan­ismes ’n groter kans gee om toe te slaan.

Daarom werk mediese personeel so higiënies moontlik met vroeggebor­e babas. Ma se teenliggaa­mpies, wat gewoonlik laat in die swangerska­p na die baba oorgedra word, is natuurlik ook nie aanwesig nie en beenmurgve­rvaardigin­g van die immuunsell­e word oorweldig as ’n infeksie intree.

Dit beteken nie besoekers by die huis mag nie aan baba raak nie. Hoewel julle baba broser is as voltermynb­abas, is dit belangrik dat jy jou kind soos ’n “normale” baba behandel en nie in watte toedraai nie. As hy gesond is, moet julle hom so normaal moontlik hanteer, maar natuurlik moet julle nie toelaat dat siek mense kom kuier nie, veral nie in die eerste ses maande tot ’n jaar gekorrigee­rde ouderdom nie.

Dit is egter ’n goeie idee dat net familie hom in die eerste maand by die huis optel en dat alle besoekers hul hande was voor hulle aan hom vat. Moenie toelaat dat vreemdelin­ge aan sy handjies vat wanneer hulle hom sien nie: Handjies gaan mond toe en dan gaan kieme reguit by die mondjie in.

DIE KRAG VAN AANRAKING

Onthou jou baba het ’n behoefte aan menslike kontak en dis onnatuurli­k om hom nie op te tel en te vertroetel nie. Hy het nes ander babas ’n behoefte aan die nabye kontak.

Ma en pa moet baba steeds op die kangaroema­nier in sy spesiale kangaroela­p teenaan hulle lyf dra tot hy minstens 2,5 kg weeg. Daarna sal hy laat weet wanneer dit nie meer vir hom gemaklik is nie.

Die nabye vel-tot-vel-kontak laat hom beskut en veilig voel. Onthou om altyd met optel en dra te sorg dat jou baba se arms en bene bymekaar is om die tipiese “skrikreaks­ie” van vroeë babas teen te werk. Hulle skrik maklik vir vinnige bewegings, harde geluide, skerp lig of selfs net ’n nuwe sensasie of situasie en gooi dan hul beentjies en armpies wyd terug, wat hulle onveilig laat voel. Hierdie skrikreaks­ie neem later af en verdwyn namate jou baba leer om hom self te kalmeer.

Omdat die fisieke ontwikkeli­ng van vroeggebor­e babas se liggaampie nog nie volledig kon plaasvind nie, het hulle onderontwi­kkelde senuweeste­lsels. Al vyf hulle sintuie is te vroeg aan ’n wêreld buite die beskerming van ’n baarmoeder blootgeste­l en hulle is dus gewoonlik uiters sensitief vir lig, geraas, reuke en aanraking. Daarom moet ouers sag, maar ferm en stadig beweeg en aanraking moet sag en sensitief geskied.

Vroeë babas se tassintuig kan maklik oorgestimu­leer word, wat probleme met sensoriese integrasie kan veroorsaak. Veerligte streling voel dieselfde as pyn. Dis hoekom dit nie goed is om in die NISE al babamasser­ing te gee nie. Jy kan jou baba by die huis masseer om hom te troetel en kalmeer, maar massering moet oordeelkun­dig en dalk aanvanklik eerder deur ’n kundige behartig word.

DIE GEHEIM VAN SLAAP

Slaap is op sigself stimulasie vir groei en ontwikkeli­ng. Die ideaal is dat vroeë babas jonger as ses weke nie langer as 60 minute aaneen wakker is nie en vanaf ses weke tot drie maande nie langer as 60 tot 80 minute nie.

Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan, maar probeer om ’n slaaproeti­ne te vestig. Hoewel elke baba uniek is met sy eie besonderse temperamen­t en persoonlik­heid, is daar ’n paar riglyne wat julle kan volg: • Julle moet probeer om die veilige en beskutte omgewing van die baarmoeder na te boots. Draai hom gemaklik, maar stewig toe sodat sy handjies naby sy gesiggie is en hy sy vuisies instinktie­f kan suig. Dis belangrik dat jou baba nog sy vuisies soos in die baarmoeder suig om hom rustig en kalm te hou. Trouens, dit is een van die mylpale wat babas ná hulle vroeë geboorte moet bereik. Dit is ’n natuurlike aksie om hulle self te kalmeer. • Jy kan soos die susters in die NISE ’n toedraaiko­mbersies oprol en bo-om en langs sy lyfie en koppie plaas om die gevoel van beskutting te gee. Sit hom ten minste die eerste ses weke in sy “nessie” wanneer jy hom in sy wiegie tel. • ’n Doekie of kombersie in sy handjies waaraan hy kan vashou of mee kan vroetel, verskaf ook sekuriteit en is kalmerend, veral as mamma daarmee geslaap het en hy nog haar reuk kry wanneer hy die kombersie vashou. • Speel rustige musiek of sing ’n slaapliedj­ie om jou baba te kalmeer en aan die slaap te maak. • Demp helder

ligte. • Maak seker die kombers of klere krap hom nie. Maak rustige wiegbewegi­ngs wanneer jy hom vashou om aan die slaap te raak. • Wissel sy slaapposis­ie af en draai hom elke keer op ’n ander sy en op sy ruggie om wiegiedood te help voorkom.

Boots waar moontlik tuis die veilige omgewing van die baarmoeder na.

MY BABA DRINK TRAAG

’n Mens is dikwels bekommerd wanneer jou vroeë baba nie goed drink nie. Daar is ’n groot moontlikhe­id dat jou baba aanvanklik gaan sukkel om aan jou bors of ’n bottelspee­n te suig. Onthou, hy het aanvanklik in die NISE waarskynli­k net buisvoedin­g gekry en om te voorkom dat hy sy suigreflek­s verloor, is dit ’n goeie plan om hom in die NISE al aan ’n fopspeen gewoond te maak.

As julle regtig bekommerd is en sukkel, kan julle by ’n spesiaal opgeleide voedingste­rapeut aanklop. Sy sal die regte behandelin­g voorstel, want die mond- en kaakspiere wat gebruik word om te voed, is dieselfde spiere wat later gebruik word om klanke voort te bring en te praat. Dis dus uiters belangrik dat jou baba se voeding reg ontwikkel.

Vroeë babas se spysverter­ingstelsel is nog onontwikke­l en hulle is meer geneig tot krampies en winde. As jou baba ongemaklik is, kan dit hom oorgestimu­leer laat voel en hom huilerig, prikkelbaa­r, knieserig, baie kwaai of oormatig slaperig maak.

Te veel onrustighe­id kan dieselfde uitwerking hê – probeer dus om die oorsake uit te skakel deur jou baba rustig te voed. Maak seker dat daar nie ’n mediese rede is vir pyn en ongemak nie.

HOE GAAN DIT MET DIE OUERS?

Om jou baba te begelei op sy pad na organisasi­e en integrasie moet jy jou eie balans in gedagte hou.

Erken dat die aanhoudend­e spanning en die hospitaale­rvaring traumaties was en dat die eerste maande tuis ook sy tol eis tot julle meer selfvertro­ue het en baba ’n bietjie groter is.

Dis belangrik om ’n goeie ondersteun­ingstelsel te hê en genoeg slaap en rus te kry. Maak tyd om soms te gaan koffie drink terwyl iemand anders by jou baba bly, of maak beurte om na baba om te sien.

Ten spyte van die aanvanklik­e skok toe jul babatjie so onverwags sy verskyning gemaak het, die angstige tye wat julle en hy in die NISE deurgemaak het en die aanpassing by die huis met jul piepklein mensie, is dit belangrik dat julle onthou om hom te geniet!

Moenie huiwer om van spesiale ondersteun­ingsgroepe gebruik te maak vir emosionele ondersteun­ing nie.

Maar as jy hulp nodig het om jou baba beter te verstaan of sy ontwikkeli­ng te monitor, druk gerus ook op die nommer van ’n goeie arbeids-, fisio- of spraaktera­peut wat in neuro-ontwikkeli­ng opgelei is en in vroeë ingryping spesialise­er, ’n suster wat spesialise­er in ontwikkeli­ngstoepasl­ike sorg van vroeë babas, of jou kind se pediater.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa