Baba & Kleuter

STIMULASIE EN OORSTIMULA­SIE

-

’n Baba gebruik sy sintuie om sin van sy nuwe wêreld te maak. Omdat ’n vroeë baba se neurologie­se stelsel nog besig is om ryp te word, kan dit gou deur te veel nuwe sensasies oorgestimu­leer word.

Die tydperk tussen nul en drie maande moet rustig en kalm wees sodat jou baba se breintjie kans kry om geleidelik nuwe sensasies en gewaarword­inge in te neem en te organiseer en integreer.

As jou baba nie te erg huil of skrik vir geluide of lig nie, kan jy hom blootstel aan invloede in sy omgewing soos sagte stemme, musiek en lig.

Vroeggebor­e babas wat nie baie siek is nie, kan nes ander babas gebad, gevoed en mee gespeel word.

Eintlik geld die moontlikhe­id van oorstimula­sie ook vir voltermynb­abas tot minstens drie maande. Hulle word oorweldig deur te veel beweging, te helder kleure en te veel verskillen­de geluide. • Hou dus eerder net een bewertjie byder

hand bo die wiegie of kot. • Sorg dat elektriese en sonlig aanvanklik gedemp is. Helder kleure kan eers later gebruik word om kleinman te stimuleer. • Die omgewing en dit wat daarin is en gebeur, is eintlik genoeg stimulasie vir jou baba tot om en by drie maande. Veral mamma en pappa se gesig is uitstekend­e stimulasie.

Die tye wanneer jou baba nie slaap nie is veral in die eerste ses weke nog baie kort en word tot drie maande oud geleidelik langer. As jou baba wakker en rustig is en na jou kyk met ’n komspeel-met-my- gesiggie kan jy sy sintuie stimuleer deur die volgende te doen: • Stimuleer sy gehoor deur met hom in ’n rustige stemtoon te gesels, liedjies te sing of eenvoudige rympies op te sê. • Jy kan jou baba se visie stimuleer deur hom op sy ruggie te laat lê en aan te moedig om jou gesig te volg. Maak oogkontak en probeer sorg dat hy nie vir jou kyk met ’n skewe koppie nie, maar dat sy gesig direk en reguit na jou toe wys. • Hang net een speelding op waarna hy kan kyk en waarmee hy kan ontdek wanneer hy wakker is. Te veel en te helderkleu­rige speelgoed sal hom oorweldig en oorstimule­er. Speelgoed wat hang, moet bokant sy naeltjie geplaas word sodat hy goed kan fokus. • Oefen jou baba se spiertjies en sy bewegingsa­ksies deur hom op sy magie te plaas wanneer hy wakker is. • “Ry fiets” met sy beentjies wanneer jy sy doek omruil en hy op sy ruggie lê, maar onthou om dit stadig en sagkens te doen. • Moedig hom aan om sy handjies byme

kaar en naby sy mond te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa