Baba & Kleuter

Taal se baas

Die groot wonder van die peuterjare is hoe jou kind begin praat. Laat sy taalvermoë blom met dié wenke.

- DEUR NIA VISAGIE

Op 18 maande oud ken die gemiddelde kind sowat 20 woorde, maar teen drie jaar oud spog hy reeds met ’n woordeskat van ’n duisend. In net meer as ’n jaar leer hy dus meer as 900 nuwe woorde.

Veral die eerste drie jaar is belangrik vir kommunikas­ievaardigh­ede omdat jou kind se brein dan so geweldig vinnig ontwikkel. As ’n kind min of geen taal in dié tydperk hoor nie, verloor die brein die funksie om teen so ’n pas taal aan te leer.

Ouers se rol in taalontwik­keling is dus van kardinale belang. Maar moenie te veel stres nie. Dis bewys dat ons interessan­t genoeg instinktie­f aanpas by ons kinders se taalbehoef­tes. Die hoë, sangerige stem waarin ons dikwels koer wanneer ons met baba praat, is ’n voorbeeld daarvan. Dit maak dit makliker vir baba om taal aan te leer omdat die klanke oordryf word.

0-12 MAANDE: TAALVOORGA­NGERS

Navorsing wys dat babas in die baarmoeder al hul ma se taal begin “aanleer” en dat die boustene vir grammatika, sinsbou en selfs die korrekte uitspraak dan al gelê word.

As jou pasgebore babatjie in jou arms lê, kan hy dalk nog nie praat nie, maar hy kan al met jou kommunikee­r, hoofsaakli­k deur te huil. Hy sal belangstel in jou gesigsuitd­rukkings, bekende stemme herken en reageer op harde geluide.

As jy met hom praat, sal hy sy tongetjie in- en uitstoot en sy lippies beweeg asof hy wil saamgesels.

Teen drie maande sal hy begin geselsgelu­idjies maak en ál meer met klankies eksperimen­teer. Hy sal jou ook “antwoord”

Brei gedurig jou kind se sinnetjies uit en lewer deurlopend kommentaar op wat julle sien en doen.

as jy met hom gesels en geluidjies maak net om jou aandag te kry.

Die beste ding wat jy vir jou baba se taalontwik­keling kan doen is om soveel moontlik met hom te gesels. Moenie bang wees om in ’n “ander” stem te praat nie.

Vanaf ses maande kry baba se klankies stembuigin­gs by. Hy reageer op sy naam en op verskillen­de stemme, al kan hy nie die persoon sien nie. Hy glimlag vir ’n vriendelik­e stem of huil vir ’n kwaai een.

Jy kan nou reeds begin boekies lees. Kies dié met net een prentjie op ’n bladsy. Gesels baie en gee hom kans om te “antwoord”. Sing vir hom en prys hom as hy “praat”.

Teen 12 maande sal jou baba sy eerste woordjies betekenisv­ol gebruik. Hy verstaan egter al baie meer, onder meer eenvoudige vragies soos “Waar is die liggie?” Hy sal groot plesier daaruit put om verskillen­de stembuigin­gspatrone te oefen en begin sy spraak vir sosiale doeleindes gebruik. Hy kom ook agter dat hy situasies met spraak kan manipuleer.

Hou aan gesels en lees en speel speletjies waar jy sy liggaamsde­le benoem. Sing aksieliedj­ies. As hy na iets wys, benoem dit. Hoe meer hy woorde hoor, hoe makliker sal hy dit onthou.

1 – 3 JAAR: SPRAAKVERS­NELLING

Jou agttien maande oue kleinding is ’n regte klein babbelbek. Hy het ’n woordeskat van vyf tot 20 woorde, maar is ook gek daarna om kamma-gesprekke te voer met die regte infleksie sodat dit nes ’n volwasse gesprek klink – luister maar hoe hy oor die telefoon gesels! Hy kan eenvoudige opdragte volg soos “Gee vir mamma die bekertjie”.

Kyk saam na prentjies en gesels oor wat julle sien. As hy iets sê, brei daarop uit: As hy sê “sappies”, sê: “Soek jy sappies?”

Iewers rondom twee vind ’n taalontplo­ffing plaas en kort voor lank spog jou peutertjie met ’n woordeskat van 150 tot 300 woorde. Hy kan verskeie voorwerpe benoem en sal woorde in kort sinne kombineer, soos “baba sit” en “daar mamma”.

Hy begin voornaamwo­orde soos “ek” en “myne” gebruik, en gebruik al twee voorsetsel­s soos “op” of “in”. Hy sal reageer op instruksie­s soos “Wys my jou ogies”.

Brei jou kind se sinnetjies uit. As hy sê “Baba sit”, sê jy: “Baba sit mooi soet.” Praat liewer grootmenst­aal as babataal. Sing saam, sê lawwe rympies op en speel woordspele­tjies soos Duimpie en Duimpie se maatjie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa