Baba & Kleuter

DOEN DIT SO

Gebruik hierdie riglyne om jou peuter te help om sy selfregule­ringsvaard­ighede aan te moedig en verder te ontwikkel.

-

1 KOESTER JOU KIND

Selfregule­ring ontwikkel slegs wanneer kinders veilig voel binne ’n koesterend­e verhouding. Wanneer jou kind omring word deur ’n mamma, pappa, versorger, grootouers en juffrou wat sensitief, liefdevol en konsekwent is, voel hy veilig. Hy leer hoe dit voel om kalm en rustig te wees.

Wees ’n speurder. Hou jou kleintjie fyn dop en kyk watter uitwerking interaksie­s, omgewings of aktiwiteit­e op hom het. Raak hy dalk té opgewonde, ooraktief, huilerig of impulsief in ’n besige inkopiesen­trum? Doen ’n paar eksperimen­te en kyk watter interaksie­s, omgewings en aktiwiteit­e hom help bedaar en hom reguleer.

As jy hom op jou skoot tel en styf vashou, vir hom sy waterbotte­l gee om aan te suig en ’n sagte beertjie gee om vas te hou, word hy dalk kalm en kan julle die inkopielys klaarmaak.

Wees ’n goeie rolmodel. Jou kind leer ook deur jou dop te hou. Dit is ’n feit dat ’n kind meer leer deur dit wat jy doen as deur dit wat jy sê. Wanneer jou kind sien hoe sy ouers en versorger haar eie emosies en gedrag reguleer, leer hy hoe om dit self ook te doen.

Dit is uiters belangrik dat jou kleingoed met verloop van tyd sien hoe hard jy werk om jou eie aksies, gevoelens en gedagtes te reguleer. Maar jy sal net suksesvol wees met jou eie selfregule­ring as jy jouself ook oppas. Onthou die noodopdrag op vliegtuie: “Sit eers jou eie suurstofma­sker op voor jy na kinders of bejaardes om jou omsien.”

Skep tye vir oefening, omgee vir jouself, interaksie­s en aktiwiteit­e wat jou tenk volmaak.

2 WEES GEDULDIG

Selfregule­ring ontwikkel mettertyd. As ’n plantjie jonk is, is die pot baie belangrik om alles by mekaar te hou, maar namate die plant groter word, kan dit uit die pot gehaal en uitgeplant word. Jou baba en peuter het aanvanklik ’n volwassene nodig om die regulering vir hulle te help doen. Namate jou kind ouer word en hierdie vaardighed­e leer, kan hy dit meer en meer self begin doen.

Koester realisties­e verwagting­e. Navorsing wys dat die menslike brein eers in die vroeë 20’s volle volwassenh­eid bereik. Hou daarom in gedagte dat kinders hulle eers veel later self kan reguleer as wat ons dink.

Dit help dus nie om van jou kind te verwag om in oomblikke van stres sy lyfie, emosies en denke te reguleer nie. In die hitte van die oomblik neem die primitiewe en emosionele deel van jou kind se brein oor. Dan help dit nie om opdragte te gee soos “word nou kalm!” of vrae te vra soos “wat is fout?” nie.

Dis dan belangrik om jou kind te laat besef dat die groot gevoelens wat hy beleef nie groter is as die grootmense in sy wêreld nie.

Eers wanneer jou kind weer kalm, rustig en bedaard is, kan julle gesels oor wat op aarde nou gebeur het en hoe julle dink julle dit volgende keer kan hanteer.

3 MEER TYD SAAM MET JOU KIND

Oorskedule­ring, ’n tekort aan slaap, te veel skermtyd en ongesonde eetgewoont­es speel ’n rol wanneer dit kom by die ontwikkeli­ng van selfregule­ring.

Begin beweeg en speel aktief. Sit jou foon neer, sit op die vloer en speel saam met jou kind. Wanneer jou peuter beweeg en aktief speel, stimuleer dit die bewegingst­elsel in die brein en word goedvoelho­rmone afgeskei.

Maak seker dat jul daaglikse roetinespe­letjies insluit soos stoei, kielie, tuimel, swaai, klim en klouter.

Speletjies soos wegkruiper­tjie, vroteier, stomstreke en Monopoly bevorder self-regulering­svaardighe­de. Kinders leer om hul beurt af te wag en hul impulse dus te beheer, opdragte te gee en te aanvaar, en frustrasie te hanteer wanneer iets verkeerdlo­op of as die ander een wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa