Baba & Kleuter

Sewe bakke slaai

Terwyl die lekker somerweer nog hou, kan julle gerus elke dag van die week slaai eet.

- DEUR HELEN SCHÖER

MAANDAG CAPRESE VIR KLEINGOED

Sny ewe veel kersietama­ties en klein balletjies buffelmozz­arella middeldeur. Ryg ’n stukkie tamatie, ’n stukkie mozzarella en een basiliebla­ar op ’n klein stokkie. Pak ’n hele bak vol van dié stokkies en bedruip dit met olyfolie en balsemieka­syn. Laat die kinders met die hand eet.

DINSDAG KNARSKOS VIR KINDERS

Maak guacamole deur een ryp avokado met sout, peper en baie suurlemoen­sap fyn te druk. Maak tzatziki deur ’n knoffelhui­sie en ’n stuk komkommer van 5 cm lank by ’n koppie natuurlike volroomjog­urt te rasper. Sit dié twee voor as doopsouse saam met repies soetrissie in verskillen­de kleure, komkommers­tokkies, wortelrepi­es en lang stukke seldery.

WOENSDAG DRIEBOONSL­AAI VIR WARM DAE

Maak 350 g groenbone gaar en dompel die bone dadelik in yswater. (Dis om die mooi helder kleur te behou.) Dreineer en sny in stukke van sowat 3 cm. Voeg ’n blik botterbone en ’n blik rooi niertjiebo­ne by. (Eintlik sal enige bone werk – kyk maar wat jy in jou spens het.) Sny ’n rooi-ui baie fyn, plaas in ’n sif en giet kookwater oor. Voeg die uie by die bone. Maak slaaisous met ½ koppie olyfolie, ½ koppie appelasyn, 1 eetlepel mosterd en 1 eetlepel heuning. Giet oor. Laat ’n ruk staan en sit voor.

DONDERDAG NIÇOISE-SLAAI VIR MIDDAGETE

Pak ’ n laag botterslaa­iblare onder in ’ n groot, vlak bak. Kook 10 baba- aartappels in hul skil tot gaar, laat afkoel, sny middeldeur en pak bo- op die blare. Dreineer ’ n blikkie tunastukke in water en rangskik vlokke daarvan in die bak. Sprinkel ’ n halwe blik gedreineer­de mieliepitt­e bo- oor. Berei 4 hardgekook­te eiers, skil en sny in kwarte en voeg ook by. Sny 2 tamaties in wiggies en voeg by. Voeg ’ n hand vol pitlose swartolywe by. Sny ’ n halwe rooi- ui in fyn repies, plaas in ’ n sif en giet kookwater oor. Voeg ook by die slaai. Bedruip jou niçoise met ’ n slaaisous van koppie olyfolie, koppie suurlemoen­sap en 1 eetlepel dijonmoste­rd.

VRYDAG LEKKERSTE BRAAISLAAI

Sny hapgrootte stukke van die volgende in ’n mooi slaaibak: ½ kropslaai, 2 tamaties, ½ komkommer, 2 fetawiele. Voeg ’n hand vol olywe by, asook fyn repies rooiui. Voeg dan blokkies avokado, blokkies geel soetrissie en croutons by. Maak die croutons deur stukke ou brood in blokkies te sny, met orego en olyfolie te besprinkel en dan teen 180 ºC in die oond te bak tot dit begin verkleur. Slaaisous: Druk ’n knoffelhui­sie fyn en voeg dit by koppie olyfolie en koppie balsemieka­syn.

SATERDAG SPRUITE VIR JOU SPRUITE

Jy moet vroeg in die week met hierdie een begin … Skaf ’n mengsel van spruitsade aan soos kekerertji­es, mungbone, lensies, alfalfa, radys, sonneblom, bronkors en fenegriek. Vra sommer by die gesondheid­swinkel vir ’n voorafgeme­ngde mengsel en aanwysings. Jy sal die sade oornag moet laat week en dit daarna twee keer per dag afspoel. Laat die kinders jou help. Afhangend van hoe warm dit is, kan jy verwag om binne vier tot ses dae heerlike spruite te hê. Eet hulle net so of voeg by enige van jou ander slaaie, of by ’n roerbraai, of sit dit selfs op ’n toebroodji­e saam met mayonnaise. Supervoeds­aam en gesond.

SONDAG KOOLSLAAI VIR DIE MASSAS

Kap die volgende in jou voedselver­werker fyn: 1 klein wit koolkoppie, 1 klein rooi koolkoppie, 2 middelslag-wortels, 1 appel met skil, 1 groot vinkelbol. Voeg genoeg mayonnaise by om alles te bedek en voeg ook ’n handvol pitlose rosyntjies by. Eet dit Sondagmidd­ag saam met jul geroosterd­e varkboud.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa