Baba & Kleuter

RESPEKTEER JOU KINDERS

-

Jana Grobbelaar van moomie.co.za sê tussen al die tegnologie­se veranderin­ge is daar een wat werklik uitstaan: die manier waarop ons met ons familie en vriende kommunikee­r en almal bewus hou van wat in ons lewe aangaan.

Desondanks het ons babas en kinders geen beheer oor wat daar van hulle geplaas of vertel word nie, waarsku sy.

Jana sê ouers moet die volgende oorwegings in gedagte hou: • Respekteer jy jou baba wanneer jy ’n foto of ’n gedagte oor haar plaas? Sal jou kind die foto goedkeur wanneer sy ouer is? Voor jy ’n oulike foto van jou baba of kleuter deel, dink daaraan hoe dit hulle sal laat voel wanneer hulle ouer is. Sal die foto van hul hewige vloerstuip­e-aanval hulle verleë of kwaad maak? As jy onseker is, moet dit nie plaas nie. • Moet in geen omstandigh­ede naakfoto’s van jou baba deel nie. Baie ouers neem aan dat wanneer hulle ’n foto van hul kind in ’n privaat groepie deel, dit veilig is. Dit is nie. Jy het geen idee wie almal in daardie groep is en wat hulle kan besluit om met die foto te doen nie. ’n Naakfoto van jou baba is nóóit ’n goeie idee nie. • Moenie foto’s van jou vriende se kinders deel nie, of vra eers hul toestemmin­g. Nie almal het dieselfde reëls oor foto’s van hul kinders nie. Moenie aanneem almal voel dieselfde as jy daaroor nie. Dit kan jou vriendskap­pe groot skade berokken. Vra jou af of die foto wat jy van iemand anders se kind plaas, regtig nodig is en sou jy daarmee tevrede gewees het as dit ’n foto van jou kind was? • Moet nooit iemand anders se goeie nuus namens hulle deel nie. As jou vriendin jou pas van haar swangerska­p in kennis gestel het, moet dit nie dadelik op Facebook uitblaker nie. Wag dat sy die inligting bekendmaak. As sy dit nie wil doen nie, respekteer haar besluit. Dieselfde geld ook vir ouers wat pas ’n baba gekry het. Voor hulle dit nie self op Facebook geplaas of hul vriende op WhatsApp laat weet het nie, mag jy dit ook nie doen nie. • Jy hoef nie alles onmiddelli­k te deel nie. Sosiale media is ’n baie groot versoeking. Sodra iets opwindends gebeur is een van ’n mens se eerste gedagtes dat jy dit dadelik wil deel. Dink eers na oor wat jy wil deel, hoekom jy dit wil deel en wat sal gebeur indien jy dit nie onmiddelli­k deel nie. Soms is die oomblikke met ons kinders so mooi en spesiaal. Bly eerder in daardie oomblik as wat jy dit onderbreek om dit op sosiale media te plaas. • Dink na voor jy enigiets plaas. Vra jou af: Kom jy iemand te na, is jy vriendelik en respekteer jy ander – veral wanneer jy in ’n debat oor ouerskapst­yle betrokke is – en is dit wat jy plaas vir enigiemand ’n verleenthe­id? Sodra jy iets geplaas het, het jy nie meer beheer oor waar dit beland nie.

Sodra jy iets geplaas het, het jy nie meer beheer oor waar dit beland nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa