Baba & Kleuter

FEBRUARIE

-

Tel alles! Jou kleinding sal aanvanklik die telwoorde soos ’n rympie opsê sonder begrip van hoeveel dit is, maar dis ’n bousteen vir latere getalbegri­p. Oefen saam om in die eerste kwartaal tot minstens vyf te tel. Tel vorentoe en tel agteruit. Tel geleidelik ál verder tot hy teen die einde van die jaar tot minstens 10 vorentoe en agteruit kan tel. As hy belangstel, kan julle verder gaan tot waar hy gemaklik is. • Telrympies en -liedjies – enigiets wat hom sal help onthou dat vier ná drie kom en agt voor nege – is belangrike hulpmiddel­s. Soek in die Kleuterver

seboek na prettige telrympies en leer dit saam. Sing telliedjie­s soos “10 klein paddatjies” of “Vyf dinosourus­se” wat vorentoe en agteruit tel en dans saam om dit te help vaslê. • Laat hom tafel dek en tel saam die borde, messe en vurke, tel saam die knope op sy hempie, hoeveel spronge hy moet maak met slangetjie­s en leertjies, hoeveel ogies hy het, hoeveel oortjies hy het, hoeveel neusies hy het. Laat hom raak aan elke ding wat hy tel sodat hy verstaan dat een telslag vir een voorwerp staan. • Pak sy teddiebere in ’n ry en gesels oor wie eerste, tweede, derde en laaste sit. So leer hy rangtelwoo­rde ook.

GETALBEGRI­P EN -HERKENNING: (BOU DIT ELKE MAAND VERDER UIT)

Teen die einde van die eerste kwartaal sal jou kleinding se graad O-juffrou toets of hy weet hoeveel een is (daar is een blommetjie op die blad), asook hoe om dit te skryf en te herken as syfer (1) én as woord (een). Dit gaan dus hier oor ware getalbegri­p. Voeg elke maand vanjaar nog ’n getal by tot hy minstens tot by 10 kan skryf en herken. • Kyk oral waar julle gaan of julle die syfer van die maand raaksien, asook die syfers wat julle die vorige maande geleer het. • Maak soveel diertjies van klei as wat julle wil tel, asook syfertjies soos “1” met klei. Teken die syfertjie “1” in sand of in kitspoedin­g. (As hy dit maklik kan doen, vorder na 2 en die daaropvolg­ende getalle.) Hoe meer hy dit kan skryf of sien, hoe beter. As julle dit uiteindeli­k op papier doen, vorm eers vir hom stippellyn­tjies wat hy kan natrek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa