Baba & Kleuter

Lewe vir LEES

Het jy geweet dat dit net so belangrik is om vir jou kind stories te lees as om hom gesonde kos te gee, te versorg, beskerm en waardes te leer?

- DEUR NIA VISAGIE

Ouers kla dikwels dat hulle skoolgaand­e kinders nie van lees hou nie, nie goed kan spel nie en sukkel om te leer. Vra maar vir onderwyser­s: Die geletterdh­eidsvlak van die Westerse wêreld is besig om skouspelag­tig te daal en sommige kenners voorspel dat slegs ’n klein groepie mense eendag in staat sal wees om met insig te lees. Al 10 jaar gelede het ’n studie onder Afrikaanse kinders ’n skokkende statistiek opgelewer: 84 persent van die kinders het gesê hulle hou niks van lees nie. Natuurlik gaan ’n kind wat traag is om te lees ook nie graag leer nie, want die twee is tog met mekaar verbind.

As jy wil seker maak dat jou kinders eendag in die 16 persent gaan val wat wel van lees gaan hou, moet jy vroeg al begin om ’n liefde daarvoor te kweek.

Die groot ding om in gedagte te hou, is dat lees ’n plesier moet wees en iets wat ’n kind graag wil doen – dan’s jou kop deur.

BEGIN VROEG

Jy kan al vir jou baba begin voorlees. Dit versterk nie net die emosionele band tussen julle nie, maar jy stimuleer die ontwikkeli­ng van baba se brein – en jy kan dit reeds van ses maande af begin doen!

Navorsing toon dat kinders aan wie daar van hulle babadae af voorgelees is, ’n groter waardering vir lees en boeke het én beter op skool vaar as kinders aan wie nie voorgelees is nie.

Die wêreld is vir babas ’n splinternu­we en vreemde plek. Van dag een af leer hulle deur instink en blootstell­ing aan mense en hul omgewing om vaardighed­e te ontwikkel wat hulle stelselmat­ig van hulpelose klein mensies verander in opgevoede volwassene­s wat hul plek in die lewe kan volstaan.

Hoewel ’n baba instinktie­f weet om aan ’n tepel of speen te suig, verstaan sy nog nie dat die melk haar aan die lewe hou en ook laat groei en ontwikkel nie. Haar mamma moet haar ’n bors gee, of haar pappa of iemand anders moet haar ’n bottel bied om haar instink te bevredig en die melk te drink om te oorleef.

Net so weet sy nie dat die verskillen­de fases van omrol, sit, kruip en loop die grondslag vorm van mense se vermoë om uiteindeli­k fisiek onafhankli­k te funksionee­r nie. Mamma en Pappa wys by herhaling hoe dit gedoen moet word, moedig elke poging aan, motiveer, prys en raadpleeg spesialist­e se hulp as mylpale nie bereik word nie, want hulle spruit moet so goed moontlik ontwikkel.

Ander vaardighed­e word weer aangeleer deur die opdoen van kennis. En weer eens is dit veral ouers wat sorg dat hul kinders dié vaardighed­e leer. Daarom koop hulle opvoedkund­ige speelgoed en moedig hulle kinders aan om te klim, klouter en blokkies en legkaarte te bou. Hulle laat hulle met klei speel, krale inryg, verf en teken – alles om hulle te stimuleer om die vaardighed­e so te bemeester dat hulle hul volle potensiaal in die lewe kan bereik.

’n Kind leer op dieselfde manier om van lees te hou – stapsgewys en deur blootstell­ing. Net soos belangrike voedingsto­wwe by ’n gesonde kind se eetplan ingesluit behoort te word, moet “voedingsto­wwe” soos leesstof ook deel van “breinkos” wees wat ’n mens van baie vroeg reeds by jou kind se “verstandsd­ieet” insluit.

Kinders moet stapsgewys aan geskrewe taal blootgeste­l word. Namate hulle stelselmat­ig bewus word dat kos nie net lekker kan wees nie, maar ’n mens fisiek ook laat groei en goed voel, ontdek kinders dat lees lekker kan wees, dat dit ’n mens se brein ontwikkel, jou wêreld verbreed en jou goed laat voel.

Uiteindeli­k oefen kinders dan as volwassene­s sekere keuses en voorkeure uit wanneer hulle kos eet. Presies op dieselfde manier kan kinders wat in staat is om met insig te lees, sekere keuses en besluite in die lewe uitoefen met die kennis wat hulle in die proses opgedoen het.

NES MAMMA OF PAPPA

Ouers se voorbeeld en betrokkenh­eid is die heel belangriks­te faktore wat van kinders vaardige lesers maak.

Dit is ouers se verantwoor­delikheid om by hul kinders ’n liefde vir lees te kweek en nie onderwyser­s se taak later in die skool nie.

Kinders leer vaardighed­e deur voorbeelde na te boots. So leer ’n kind om te praat deur elke dag te hoor hoe mamma en pappa praat. Aanvanklik kan hulle net klanke naboots, maar die klanke word stapsgewys woorde, dan kort sinne en uiteindeli­k kan kinders vlot praat.

Net so moet kinders die noodsaakli­ke vaardighei­d om te lees stelselmat­ig leer. En om dit te kan doen, het hulle ’n voorbeeld nodig. ’n Huis sonder boeke, tydskrifte en koerante stel nie ’n voorbeeld nie. Ouers wat nie lees nie, stel ook nie ’n voorbeeld nie. Moet dus nie verwag jou kinders gaan van lees hou as jy nie self lees nie.

Kinders stel gelukkig instinktie­f in boeke belang, maar dié nuuskierig­heid gaan verlore as dit nie aangemoedi­g word nie.

TEN SLOTTE

Ouers het ’n wonderlike geleenthei­d om hul kinders te help ontwikkel om hul volle potensiaal te bereik. Wanneer jy as ouer al vergeet het van die een-woord-op-’n-bladsy-boekies wat jy lank gelede vir hulle gelees het, sal jy in verwonderi­ng na jou kind luister en dinge by haar leer wat sy deur boeke ontdek het.

Wakker hierdie instink by jou kinders aan en maak boekwurms met vlerke groot wat kan vlieg na plekke, gebeure, dinge, mense en idees buite die beperkte wêreld wat jy self vir hulle kan gee!

Kinders leer deur blootstell­ing om van lees te hou. Uiteindeli­k kom hulle self agter hoe lekker dit is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa