Baba & Kleuter

2-3 JAAR

-

Jou kind kan nou begin hardloop, maar sal dalk nog dikwels val. Hy begin met twee bene spring en kan vir kort rukkies op een been staan. Hy kan op sy tone loop en begin om ’n bal meer akkuraat te skop. Klimrame word nou gewild en hy sal graag wil klouter. Hy kan op sy hurke sit en ’n paar treetjies op ’n balanseerb­alk loop.

Hy kan nou tolletjies aan ’n stukkie tou begin ryg. Sy bewegings raak meer gekoördine­erd en hy kan byvoorbeel­d ’n koppie met melk vir ’n entjie dra sonder om te mors, sy eetlepeltj­ie beter hanteer en begin om self eenvoudige kledingstu­kke aan- en uit te trek. Teen die einde van jaar drie sal hy moontlik al ’n legkaart van vier stukkies kan bou.

Sy “tekeninge” word ál meer gesofistik­eerd en jy sal teen drie jaar waarskynli­k al tekens van ’n mannetjie sien vorm aanneem. Die kop sal groot wees en die res van die lyf net strepies, sodat dit soos ’n stokmannet­jie lyk.

WAT JY KAN DOEN

Laat hom met klei speel om sy vingertjie­s oefening te gee. Gee vir hom tolletjies of groot krale om te ryg en vetkryte en ’n inkleurboe­k (hy sal nog nie tussen die lyntjies kan inkleur nie). Teen drie jaar kan hy ’n driewiel begin ry. Leer hom om sy eie broekie af en op te trek wanneer hy toilet toe gaan en om sy hande te was (jy sal hom moet help met die krane). Speel steeds balspeletj­ies deur te gooi, te vang en te skop. Jy kan ook nou ’n plastieksk­êrtjie aanskaf waarmee hy kan begin eksperimen­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa