LAAT WOOR­DE SO VIR JUL­LE WERK

Baba & Kleuter - - KLEUTER -

Jou re­ak­sie en jou kind se re­ak­sie as sy dit reg­kry om “ap­pel” te sê (sien on­der) gaan nie net oor die op­doen van ken­nis nie. Dit be­mag­tig haar. Sy weet dalk nie aan­vank­lik wat die woord be­te­ken nie, maar jou re­ak­sie is so po­si­tief dat sy po­si­tief re­a­geer. Sy wil weer die­self­de po­si­tie­we re­ak­sie uit­lok en daar­om sê sy weer “ap­pel”.

Sê nou jy het nie ge­re­a­geer toe sy die woord die eer­ste keer reg­ge­kry het nie – dan het dit haar dalk veel lan­ger ge­kos om die woord en die voor­werp by me­kaar uit te bring. En sê nou jy het ne­ga­tief ge­re­a­geer (goed, dis net ’n “sê nou”, want geen ma sal ooit haar neus vir so­veel ou­lik­heid op­trek nie!) dan het sy ge­skrik vir jou re­ak­sie en met tra­ne of stom­heid ge­re­a­geer.

Dis hoe­kom dit so be­lang­rik is dat jy deur jou kin­ders se le­we hier­die po­si­tie­we ma­nier van kom­mu­ni­ka­sie en mo­ti­ve­ring vol­hou.

Jy sê aan jou d­rie­ja­ri­ge: “Ruim die blok­kies op.” As hy dit nie da­de­lik doen nie, raak jy dalk on­ge­dul­dig en raas met hom: “Ek-praat-nie-weer-nie-doen-wat-ek-sê­het-jy-nie-ore-nie?”

En met dié ge­bruik van taal ver­plet­ter jy jou kind se ont­wik­ke­len­de wê­reld en sy groei­en­de i­den­ti­teit. Jy be­gin vorm aan ’n wê­reld waar­in jou kin­ders dink hul­le mis­luk, maak fou­te, is in die moei­lik­heid en stel mam­ma of pap­pa te­leur.

Kyk by­voor­beeld na ’n be­grip soos tyd. Jy weet dis ’n woord wat ge­skep is om or­de aan ons be­staan te gee. Maar jou kin­ders ver­staan dit nog nie. Dis hoe­kom Han­na op pad na die va­kan­sie­be­stem­ming el­ke vyf mi­nu­te vra: “Is ons am­per daar?”. As jy ant­woord “nee, dis nog ver”, gaan dit min vir haar be­te­ken – dis ’n on­ver­staan­ba­re of re­la­tie­we be­grip.

Maar as jy woor­de uit haar werk­lik­heid ge­bruik – “dit gaan nog so lank wees soos wat dit neem by die speel­groe­pie tot juf­frou vir jul­le koel­drank en brood­jies gee” – gaan sy ver­staan en waar­skyn­lik op­hou neul.

Nog ’n voor­beeld: Mam­ma weet dit is nou bad­tyd en haar seun­tjie speel met blok­kies. Na­tuur­lik gaan hy ’n keel op­sit as die hor­lo­sie ses­uur slaan en na se roe­ti­ne­plan in­skop. Sy kom in en sê hy moet nou kom bad. Dit maak glad nie vir hom sin om nou te gaan bad nie. Hy is dan in die mid­del van sy spe­le­tjie. Hy sit ’n keel op en dra­ma is die ge­volg. Ná ’n trau­ma­tie­se bad­ses­sie won­der mam­ma hoe­kom haar seun­tjie so moei­lik is en nie wil luis­ter wan­neer sy praat nie.

’n Be­ter o­plos­sing is om jou seun­tjie in te lig wat gaan ge­beur. Gee hom ken­nis deur ver­dui­de­li­ken­de taal­ge­bruik. Gaan half­ses al na hom toe en sê: “Jo­han, jy kan nou be­gin klaar speel, want onthou jy moet nog bad voor ons eet. Jy het nog so ’n klein ruk­kie tyd om te speel. Bou nog 10 blok­kies, dan be­gin jy die los blok­kies in die bok­sie gooi. Dan bê­re ons jou to­ring tot dit weer lig word en jy van die speel­groe­pie af kom en ver­der kan bou.”

Dan loop jy en kom vyf mi­nu­te la­ter te­rug met ’n her­in­ne­ring. Die der­de keer (ses­uur) kom jy in en her­haal die sto­rie van vroe­ër, maar dié keer sê jy dis nou bad­tyd.

Hier­die teg­niek gaan baie suk­ses­vol­ler wees as wan­neer jou en sy wê­reld lyn­reg met me­kaar bots. Jou kind moet tyd en be­plan­ning leer – en as jy dit vir hom in sy wê­reld ver­dui­de­lik, sal hy dit mak­li­ker leer.

Hier­die me­to­de verg meer ge­duld en tyd, maar onthou die voor­beeld van die ap­pel! Om kin­ders te leer is nie ’n kits­ge­beur­te­nis nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.