Pa se stem

Ou­ma Chris­ti­ne is mis­kien van die ‘ou­er ge­ne­ra­sie’, maar dis nie te sê sy weet niks van kind groot­maak nie . . .

Baba & Kleuter - - APRIL & MEI 2017 INHOUD - DEUR PIE­TER REDELINGHUYS

Hyp­nos het ons ’n der­dui­wel­se streep ge­trek. Die blik­skot­tel. As ek dáái ver­vlak­ste G­riek­se god van slaap in die han­de kry, druk ek ’n vin­ger in elk van sy lo­me­ri­ge o­gies nog voor hy kan sê “gaap-gaap, dis tyd vir slaap-slaap”. En net om se­ker te maak die bood­skap word dui­de­lik oor­ge­dra, skop ek ook som­mer Hans Chris­ti­an An­der­sen se Klaas Va­kie on­der sy jis. Hy is ewe u­se­less. Ja, die ge­ty het gou ge­draai! Som­mer so skie­lik, oor­nag. In so ’n ma­te dat ek en Car­la on­ver­hoeds be­trap is. Want sien, dit het heel voor­tref­lik ge­gaan met ons Ben­seun se slaap­pa­troon. Eint­lik veel be­ter as heel voor­tref­lik. Vrien­de en ken­nis­se met kleu­ters van Ben se ou­der­dom het dik­wels met ver­won­de­ring in hul oë (en, ver­beel ek my, ’n tik­kie ja­loe­sie?) ge­luis­ter as ons skaam­te­loos spog oor sy re­ël­ma­ti­ge doe­doe­roe­ti­ne. Of dit nou die og­gend­sla­pie is, of droom­land toe ná bad­tyd saans, die man­ne­tjie was ’n su­per­ster­sla­per. Let op die woord “was”, lie­we le­ser. Want … In daar­die sta­di­um was ons sa­lig on­be­wus van die wre­de ont­nug­te­ring wat op ons ge­lê en ge­wag het: daar­die slui­me­ren­de wak­ker­bly-mon­ster wat met die aan­ske­me­ring sy kop net so ef­fen­tjies lig en dan met mag en me­ning toe­slaan so­dra die lig­te af­ge­ska­kel word. Slaap? Wat­wou! Waar is jul­le, pap­pa en mam­ma? Ek is reg om te ruk en rol! Ek is ’n uil en die nag is my prooi! Dis na­tuur­lik bloot my in­ter­pre­ta­sie van sy woor­de. Ver­ba­tim? “Ben NIE nou slaap NIE. Ben nou wak­ker.” Pa­niek. Ná ’n nood­ver­ga­de­ring skryf ons dit toe aan “blo­te kop­pig­heid” en be­sluit om die si­tu­a­sie vir eers te ig­no­reer. “Hy sal gou be­sef hy is moeg en dan uit- pass, my lie­fie. Tough lo­ve is nou no­dig.” Die plan word in wer­king ge­stel. Ons stra­te­gie word by­kans oom­blik­lik teen­ge­staan met ’n harts­tog­te­li­ke ge­ween en ge­neul. Sy in­druk­wek­ken­de re­per­toi­re van ver­skrik­li­ke fal­set­no­te en prie­men­de plei­te – “Ben yt­kim, Ben yt­kim” (Ben uit­klim) – het geen ein­de nie. Nou slaap ons óók nie. Se­ker twee maan­de lank – kan meer wees, ek het op­hou tel – woed dié stryd, iets wat ons vir ’n jaar lank nie be­leef het nie. Hy was im­mers ’n se­we-tot-se­we-baba die 12 maan­de voor sy twee­de ver­jaar­dag!

Ons maak beur­te om snags by sy ba­ba­bed stel­ling in te neem tot die slaap hom kom haal.

Ons skep prak­tie­se re­ëls. “Q20 die skar­nie­re van sy ka­mer­deur wat so kraak. Trek uit jou skoe­ne voor jy by sy ka­mer in­gaan. Maak se­ker die swart gor­dyn voor die ven­ster is be­hoor­lik toe­ge­trek. Geen sel­foon toe­ge­laat, geen on­no­di­ge ge­lui­de nie. Sit stil. Wees ge­dul­dig. As hy roer of as dit lyk of hy wil op­staan, lê hom weer neer en druk die doe­doe-dum­my in sy mond.”

Dit werk, maar suk­ses is be­perk. ’n Uur, mis­kien twee la­ter is hy in droom­land, rus­tig in die arms van Mor­phe­us. Wie ook al aan diens was, glip dan ge­ruis­loos soos ’n muis met sa­tyns­lip­pers uit sy ka­mer, bed toe. Maar kort voor lank sit me­neer weer ’n keel op. Hier­die pro­ses word dan her­haal tot hy uit­ein­de­lik teen om­trent vier­uur die og­gend fi­naal die stryd ge­won­ne gee en diep slaap. “G­re­at!” Da­rem drie uur voor ons werk toe moet gaan.

La­ter het ons nood­ge­dwon­ge ’n ma­tras langs sy kot neer­ge­lê so­dat een van ons da­rem ’n be­hoor­li­ke nag se slaap kon in­kry. Wat na­tuur­lik tot on­ver­my­de­li­ke wry­wing ge­lei het. “Sal jy van­aand by hom gaan lê? Ek het ’n vroeë ver­ga­de­ring mô­re­og­gend,” sal een by­voor­beeld vra. “Maar ek was gis­ter­aand ook aan diens en moes vyf keer op­staan. Ek is poe­gaai en wil net een aand on­on­der­bro­ke slaap.”

Ná twee maan­de van slaap­hel smag ek en Car­la na ’n blaas­kans. My skoon­ou­ers woon ’n kort mo­tor­rit van ons af en stem met op­ge­won­de oor­ga­we in om hom die na­week te huis­ves, selfs ná ons full dis­clo­su­re oor sy ont­wrig­ten­de slaap­pa­troon.

To­ta­le stil­te vir twee nag­te. Sa­lig! Vroeg bed toe saans en laat slaap sog­gens, selfs na­dat jy om ses­uur (weens die ein­ste stil­te) ver­vaard wak­ker ge­skrik het.

Met ons te­rug­keer die Son­dag­mid­dag wag ou­ma Chris­ti­ne ons in.

“Ek weet wat fout is,” kon­dig sy trots aan. “My klein­kind wil nie meer in ’n kot slaap nie. Dis hoe­kom hy skree. Hy voel vas­ge­vang. Hy kort ’n be­hoor­li­ke bed. ’n Seun­tjie­bed. Dit sal hom uit­sor­teer.”

Nou ja. Ek li­as­seer dié een on­der Les­se Ge­leer. Nooit weer sal ek dink die “ou­er ge­ne­ra­sie” is uit voe­ling met mo­der­ne me­to­des van kind groot­maak nie.

Ben hét toe kort voor die nuwe jaar sy seun­tjie­bed ge­kry, met sy eie ma­tras en du­vet. Dit was (en is soms steeds) ’n aan­pas­sing, maar hy slaap reeds snags veel be­ter. Ons ook. Ge­na­dig­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.