Baba & Kleuter

Borsvoedin­g: die eerste drie dae

Die eerste drie dae is die moeilikste. Maar as jy dit reg benut – veral die goue uur net ná geboorte – sal jy en baba nie weer ’n dag se borsvoedin­gsprobleme hê nie.

- DEUR MARIE-LOUISE STEYN, BORSVOEDKO­NSULTANT

Wanneer dit by borsvoedin­g kom, is voorkoming gewis beter as genesing. Selfs die mees katastrofi­ese begin kan oorkom word, maar jy kan jou en jou baba tog baie trane spaar deur ’n stewige fondament te lê. ’N SLEUTELPER­IODE

Navorsing toon dat die eerste 72 uur van kardinale belang is. Jou kans om jou borsvoedin­gsdoelwitt­e te bereik, is baie groter as dinge dan al vlot verloop. Hoe meer gereeld en doeltreffe­nd baba drink, hoe vroeër sal jou melk inkom en hoe oorvloedig­er sal jou voorraad wees. Melkproduk­sie is ’n stelsel van vraag en aanbod: Hoe beter jou baba (en/of jou borspomp) jou borste ledig, hoe meer melk sal jy maak.

Dink aan die vroeë weke as ’n kalibrerin­gstyd. As die vraag te klein is, kan die langtermyn­produksie skade ly.

Hoe beter jou baba (of jou borspomp) jou borste ledig, hoe meer melk sal jy maak.

MOED HOU!

Die eerste drie dae is die moeilikste. Nuwe ma’s voel dikwels onkundig, onhandig en oorweldig. Dis ’n reuseveran­twoordelik­heid om ’n afhanklike mensie se enigste voedselbro­n te wees. Die goeie nuus? Sowel jy as baba is gebore om te borsvoed – dis instinktie­we gedrag eerder as ’n vaardighei­d wat geleer moet word. Dis moeilik om dit nou te glo, maar binnekort gaan borsvoedin­g ’n tweede natuur wees.

Sommige babas weier ná ’n instrument­verlossing om aan die bors te drink. Bly kalm, dis tydelik. Vra die pediater om ’n pynstiller voor te skryf. Hou die kamer stil en donker, en koester jou baba met jul vel teen mekaar. Melk met die hand ’n bietjie kolostrum uit en voer hom met ’n teelepel of medisynedr­upper. Raadpleeg ’n laktasieko­nsultant as hy ná 24 uur steeds nie borsvoed nie. KEISERSNEE

Verhoog ’n keisersnee ’n mens se risiko vir borsvoedin­gsprobleme? Nie noodwendig nie. Jy sal wel meer hulp nodig hê om jou baba te posisionee­r, en jou melk sal waarskynli­k eers op dag vier inkom.

Dit beteken geensins dat byvoedings nodig is nie, want jou kolostrum voorsien in al baba se behoeftes. Boonop help dit om gesonde mikroflora in sy dermkanaal te vestig, wat baie belangrik is omdat hy nie deur jou geboorteka­naal beweeg het nie. Hier is wenke vir borsvoedin­g ná ’n keiser: • Kies ’n hospitaal waar jy en baba 24/7 by

mekaar kan bly. • Reël vooraf om jou baba so gou moontlik vel teen vel te troetel. Dit stabilisee­r sy asemhaling en hartklop en sit sy voedingsre­flekse aan die gang. Dit moedig jou liggaam boonop aan om borsvoedin­gshormone te vervaardig. • Sit baba in die herstelkam­er al aan jou bors. Hoe gouer die eerste voeding geskied, hoe vroeër sal jou melk inkom. • Drink jou pynstiller­s. Pyn en stres vertraag oorvloedig­e melkproduk­sie. Jou baba kry bloedweini­g van hierdie medikasie deur die kolostrum in. • Lê op jou sy of beproef teruglê-borsvoedin­g soos op die oorkantste bladsy verduideli­k, met jou wond buite bereik van baba se voetjies. As jy regop wil sit, werk die voetbalpos­isie goed. JUL EERSTE VOEDING

Die minute ná geboorte is so kosbaar vir borsvoedin­g en binding dat dit die “goue uur” heet. Baba moet verkieslik onmiddelli­k op jou bolyf neergelê word. Terwyl julle mekaar met al jul sintuie indrink, sal liefdes- en borsvoedin­gshormone soos oksitosien en prolaktien jul ingebore voedingsre­flekse aanwakker. ’n Pasgebore baba kan teen sy ma se bolyf opkruip en die bors sonder hulp vind, mits die geboorte medikasiev­ry was.

Die eerste voeding duur gemiddeld 40 minute. Sommige babas slaap lekker daarna, ander wil aanhoudend peusel. VLOEIBARE GOUD Die gelerige kolostrum wat jou borste aanvanklik produseer, is perfek vir jou nuweling. • Dit is dik en taai sodat hy nie verstik terwyl hy borsvoedin­g onder die knie kry nie. • Dit is vol voedingswa­arde. ’n Pasgeboren­e se magie is so groot soos ’n albaster en hy is ná ’n teelepel vol trommeldik. • Dit is ryk aan witbloedse­lle en sekretorie­se immunoglob­ulien A (SIgA), wat baba se onderontwi­kkelde immuunstel­sel ondersteun. SIgA voer die dermkanaal uit en verseël gapings waardeur allergene, virusse en bakterieë die bloedstroo­m kan binnedring. Geen wonder kolostrum word die “eerste immunisasi­e” genoem nie! • Dit bevat honderde soorte “goeie” bakterieë wat spysverter­ing bevorder en langtermyn-immuunbesk­erming bied. • Dit is ’n natuurlike lakseermid­del wat baba help om die taai, swart mekonium te passeer en bilirubien uit te skei. Laasgenoem­de vorm wanneer rooibloeds­elle afgebreek word en veroorsaak geelsug as dit opbou. PRAKTIESE RAAD

• Hoe weet jy jou baba kry die melk in? Terwyl jou borste kolostrum produseer, sal hy waarskynli­k nie hoorbaar sluk nie. Kyk of hy aktief suig en sy kennetjie kortkort laat sak – dis betroubare tekens van melkoordra­g. • Aan watter kant moet jy voed? Dit maak nie saak nie. Kies ’n bors en laat baba drink tot hy ophou suig of indommel. Bied vir hom die ander kant aan. Soms sal hy nog drink, soms nie. Sodra jou melk inkom, kan jy jou deur borsvolhei­d laat lei. • Maak jou slapende skoonheid wakker, al druis dit teen jou moederinst­ink in. Omdat borsmelk vinnig verteer, behoort hy ten minste agt keer binne 24 uur te drink. Die meeste gesonde voltermynb­abas word self wakker, maar daar is ook baie slaapkouse. Wek jou kleinding bedags drieuurlik­s en snags ná vier tot vyf uur. Wag tot hy in ’n ligte slaapsiklu­s is: Sy ogies sal agter sy ooglede beweeg. Gewoonlik hoef jy hom bloot op jou bolyf neer te lê. Hy sal wakker word of in sy slaap voed. As hy meer aanmoedigi­ng nodig het, kan jy hom uittrek en vel teen vel vashou. Die volgende stap is om hom sagkens van kant tot kant te rol of hom herhaaldel­ik in ’n sittende posisie te lig. Smeer ’n bietjie kolostrum op sy lippe of drup dit in sy mond.

In moderne borsvoedin­g word die baba se leiding gevolg; ma moet net ontspan.

LÊ TERUG EN ONTSPAN! Tot onlangs het kenners voorgeskre­we borsvoedin­gsposisies aanbeveel. Ma moes baba “korrek” vashou, hom na die bors bring en verseker dat hy reg vassuig. Kortom, sy het die leisels vasgehou.

Meer onlangse navorsing het gelei tot ’n nuwe benadering, teruglê- of laid-back borsvoedin­g. Die goue reël geld steeds: Goeie posisioner­ing en hegting waarborg die maksimum melkoordra­g en pynlose borsvoedin­g.

Wat het verander? Wel, eerstens is die nuwe wagwoord “gerief”. ’n Voeding wat goed voel, is ’n doeltreffe­nde voeding. Tweedens is jou baba in beheer. Jy moet hom net toegang tot jou bors gee.

Sit-lê agteroor soos wanneer jy TV kyk. Jou rug moet gestut wees en jou liggaamsge­wig moet op jou kruisbeen wees. Lê nou jou baba bo-op jou neer met die voorkant van sy lyfie teen joune. Omdat swaartekra­g hom anker, sal hy veilig en stabiel voel.

Die gevoel van jou bors teen sy wang sal sy voedingsre­fleks ontlok. Sy koppie sal ronddraai soos hy jou tepel soek en dan oplig om vas te suig. In dié posisie maak hy gewoonlik sy mond groot genoeg oop om ’n behoorlike mond vol borsweefse­l te neem. EINA!

Jou bondeltjie vreugde sal verrassend sterk suig. Hoewel jou tepels sensitief kan wees, behoort borsvoedin­g nie seer te wees nie. As dit is, kan jy jou vinger in baba se mondjie glip, die vakuum verbreek en weer probeer. Klein veranderin­gs in posisioner­ing en hegting maak ’n groot verskil. KRY BABA GENOEG?

Die antwoord lê in sy doeke. In die eerste 24 uur behoort hy minstens een vuil doek te hê. Stoelgange is belangrike­r as urine.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa