Baba & Kleuter

Leer speel-speel somme maak

As jy wiskunde van kleins af op die regte manier aanpak, sal jou kind dit maklik en prettig vind. Ons vertel jou hoe om weg te spring.

- DEUR LIBBIE JOUBERT HEILA VERMAAK, AANBIEDER BY A+ STUDENTS ROZANNE LONEY, ASSISTENT- BESTUURDER BY KUMON SUID- AFRIKA

Alle kinders kan wiskunde doen, glo Rozanne Loney, assistent-bestuurder by die wiskundese­ntrumgroep Kumon Suid-Afrika.

“Elke kind het wel sy eie vaardighei­dsvermoë en -vlak. Om daarby uit te kom, moet hy elke wiskundige begrip genoeg oefen voor hy na die volgende een aanbeweeg.”

Kinders moet aan ’n verskeiden­heid leerstyle blootgeste­l word sodat ’n mens kan vasstel watter een die beste vir hulle werk, sê Rozanne. “So kan elke kind op die een of ander manier sukses in wiskunde bereik.”

Al verskil kinders se wiskunde-aanleg, kan ’n mens ’n liefde vir wiskunde kweek deur kinders op die regte ouderdom aan die regte leermetode bloot te stel, meen Heila Vermaak, ’n aanbieder by A+Students, ’n ander organisasi­e wat kinders wiskundewy­s maak.

“As kinders op die regte manier leer, soos met wiskundige speletjies, vind daar integrasie tussen die kreatiewe regter- en die logiese linkerbrei­n plaas,” sê sy.

Dis belangrik en maklik om kinders voor skool al aan wiskunde bloot te stel. Wiskunde gaan immers oor meer as tel en somme maak. Voor ’n kind kan begin sommetjies doen, moet hy eers begrippe verstaan soos groot, klein, baie, min, alles, niks, links, regs, lig en swaar. Ook kleure en dae van die week is belangrik. Dis alles begrippe wat jou kind al spelende te midde van sy daaglikse doen en late kan leer.

As jou kind wiskunde deur speletjies leer, word sintuie soos gehoor, tas en sig ingespan om daardie sommetjies­brein vinnig te laat vlamvat.

Daar is so baie dinge waaraan ’n kind in graad 1 gewoond moet raak en wat hy moet leer, dat ’n soliede grondslag in vroeë basiese wiskunde hom ’n groot voorsprong in die klaskamer gaan gee. “Dit laat jou kind bevoeg voel en sorg dat hy wiskundele­sse geniet,” sê Rozanne.

BEGIN SÓ

RAAK & SKUIF Laat jou kind soveel moontlik werklike voorwerpe tel eerder as kolletjies in ’n boek. Dis belangrik dat hy die voorwerp kan aanraak en eenkant toe skuif wanneer hy tel. Genoeg konkrete ervaring verseker ’n goeie grondslag vir die abstrakte fase wanneer getalsimbo­le gebruik word. POSITIEF & PRETTIG Moenie ongeduldig of kwaai word nie. Dis belangrik dat jou voorskools­e kind se bloot-

stelling aan wiskunde met spel en pret gepaard gaan. Dis ook ’n goeie idee om jou eie slegte of negatiewe ervaring van wiskunde vir jouself te hou.

OEFEN, OEFEN, OEFEN

Vaslegging verrig wondere, veral vir kinders wat nie ’n natuurlike aanleg vir wiskunde het nie. Wiskundige begrippe volg op mekaar en dis belangrik dat jou kind van die begin af die begrippe goed bemeester. Dit word bewerkstel­lig deur elke begrip te oefen, oefen en weer te oefen.

SPRING SO WEG

• Gebruik ’n uurglas, stophorlos­ie of tydklokkie om jou kind van tyd bewus te maak. Laat hy kort aktiwiteit­e – een tot twee minute lank – uitvoer sodat hy leer dat een aktiwiteit langer as ’n andere kan duur.

• Ryg patrone met krale. Laat jou kind die patroon herhaal deur dit weer te ryg.

• Wys jou kind dat voorwerpe se groottes verskil. Plaas jou selfoon langs jou aantekenin­gboek. Wys jou kind dat jou selfoon kleiner as die boek is.

• Tel alles wat voorkom, van messe en vurke terwyl jul tafel dek tot motors wanneer julle ry.

• As die kaste reggepak word, laat jou kleinding soort by soort help uitsoek.

• Sorteer saam jou kind se speelgoed. Laat hy die grotes bymekaarsi­t, die middelslag-speelgoed saamgroepe­er en die kleinstes bymekaarsi­t.

• Speel Slangetjie­s en Leertjies, waar julle moet tel terwyl julle aanbeweeg.

• Laat hom in die bad met houers van verskillen­de groottes speel en laat hom skat hoeveel kleiner houers die grote sal vol maak. Skatting is belangrik in wiskunde.

• Vra in die motor vrae soos “Watter kleur motor ry voor ons? Hoeveel wiele het twee motors altesaam?”

• Sing liedjies waarin julle tel, soos “Tien klein paddatjies”.

• Lees en leer vir jou kind rympies.

• Lees saam telboekies.

• Klap ritmes en patrone met jou hande of voete en laat jou kind dit herhaal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa