Baba & Kleuter

Daar’s ’n nar in die huis

Hier is raad om jou peuter se sin vir humor te help ontwikkel.

- DEUR SANDRA COETZEE

Jy dink miskien ’n sin vir humor is geneties, soos jou kind se groot, bruin oë of haar blonde krulle, maar dit word eerder aangeleer en kan van jongs af ontwikkel word. En so gepraat van ontwikkeli­ng: Jou kind se ontwikkeli­ng baat geweldig by ’n lekker lagsessie. Humor is veel meer as net vermaak. Navorsing het oor en oor bewys dat daar besliste gesondheid­svoordele aan is. Lag laat jou beter voel, verhoog suurstofop­name deur die bloed, verbeter bloedsomlo­op, onderdruk stresverwa­nte hormone in die brein en aktiveer die immuunstel­sel. In ’n studie aan die Universite­it van Kalifornië in Los Angeles is selfs bevind dat kankerlyer­tjies beter op behandelin­g gereageer het as hulle gereeld gelag het.

Volgens dr. Paul McGhee, ’n Amerikaans­e ontwikkeli­ngsielkund­ige wat wêreldwyd bekend is vir sy navorsing oor humor by kinders, kan humor ook help met ’n kind se intellektu­ele, sosiale en emosionele ontwikkeli­ng.

Paul beskryf humor as denkspel waardeur jou kind net so baie leer soos uit ander soorte spel. Op intellektu­ele vlak help humor jou kind om te verstaan wat werklik is en wat ’n verdraaiin­g is. Die hart van ’n grappie is meestal ’n teenstrydi­gheid, en die toweroombl­ik kom wanneer jou kind dit snap. Dít kry hy reg namate sy ervaring van die wêreld toeneem.

Laastens kan ’n sin vir humor die hele gesin opkikker en help om sterk bande te vorm.

HOEKOM HUMOR?

Humor help kreatiwite­it aan omdat jou kind op ’n ongewone manier moet leer kyk om sin te maak van die grappie. So leer jou kind om uit ’n ander perspektie­f te kyk en innoverend te dink.

Op sosiale en emosionele vlak help humor jou kind om maatjies te maak. Almal hou van ’n grapjas! Mense met ’n humorsin het gewoonlik ook ander goeie mensvaardi­ghede. En hoe beter jou kind met ander oor die weg kom, hoe beter is dit vir sy selfbeeld.

Humor help jou kind om stres te hanteer en maak hom emosioneel weerbaar teen die aanslae van die lewe.

Hoewel kinders se humorsin moet ontwikkel, is hulle beslis van kleins af daarvoor ontvanklik. In een studie is getoon kinders lag tot 300 keer per dag, in teenstelli­ng met die 20 keer van volwassene­s. Maak dus gerus meer tyd vir humor in jul gesinslewe.

Hou net in gedagte dat dit wat nou vir jou baba snaaks is, sy nie meer snaaks sal vind in haar peuterjare nie. Dieselfde geld wanneer jou kind eendag ’n tiener is. Probeer dus byhou sodat jy weet wat jou kind in elke fase van ontwikkeli­ng sal amuseer.

GEE HUMOR ’N HUPSTOOT 0 TOT 6 MAANDE

Jou baba sal teen sowat ses weke spontaan glimlag as hy jou stem hoor of as jy aan hom raak. Teen maand vier sal hy vir jou glimlag en kan hy selfs begin lag as jy byvoorbeel­d borrels op sy maag blaas. Jou kleinding sal ook gelukkig lyk wanneer jy snaakse geluide maak of gesigte trek, en jou selfs probeer naboots. Dis nog nie werklik humor nie, maar iets is aan die ontwikkel in daardie klein breintjie.

6 TOT 12 MAANDE

Jou baba se humorsin sal nou begin kop uitsteek, want hy begin reageer op teenstrydi­ghede of verrassing­s. Speletjies soos waar’s-hy-daar’s-hy sal jou agt maande oue kleinding laat kraai van die lag. Enige onverwagse gedrag kan die lagspiere van ’n eenjarige kielie, soos wanneer jy uit sy bottel drink, sy doek oor jou kop trek of soos ’n eendjie loop terwyl jy kwaak. Die humor werk op sy beste as jou baba in sy eie bekende omgewing is, tussen bekende gesigte, want dan sal hy kan sien wanneer iets teenstrydi­g is met die normale.

1 TOT 2 JAAR

Jou peutertjie betree ’n nuwe wêreld van grappies. Op hierdie ouderdom sal jou peuter kan maak of ’n broek ’n hoed is, of ’n lepel ’n foon. As jy hom naboots, sal hy ook lekker saamlag. Enige gebruik van ’n item wat afwyk van die normale sal hy amusant vind, soos wanneer jy op jou kind se klein motorfiets­ie ry, of maak of jy sy been wil eet.

2 TOT 3 JAAR

Humor word dikwels deur spel of fisieke aktiwiteit uitgedruk.

Jou kind sal sommer laf raak, en groeplawwi­gheid begin ook voorkom, waar ’n hele groep kinders saam begin lag en giggel, mekaar aansteek en opspring en rondhardlo­op van die lag.

Jou kind sal die eenvoudigs­te taalhumor begin waardeer, soos waar jy die verkeerde woord vir ’n bekende voorwerp gebruik en iets sê soos “kom ons trek nou jou trui aan” terwyl jy eintlik sy skoene aantrek.

Jou kleuter sal lekker lag vir sy eie snaaksighe­id as hy doelbewus na sy neusie wys as jy vra waar sy voet is. Hy sal ook graag mense se name omruil en teenoorges­teldes omruil, sommer net vir die grap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa