Baba & Kleuter

As die wiegie leeg bly

As jy en jou maat sukkel om swanger te raak, weet dat julle nie alleen is nie. Hier is ’n paar feite wat dalk kan help.

-

IS EK ONVRUGBAAR?

’n Vrou word as onvrugbaar beskou as sy nie swanger geword het ná ’n jaar van seks sonder voorbehoed­ing nie. Vroue ouer as 35 word selfs aangeraai om hulp te soek as hulle nie binne ses maande swanger is nie. As jy ’n geskiedeni­s het van ongereelde, pynlike of abnormale maandstond­es, bekkeninfe­ksies, operasies of pynlike seksuele omgang, moet jy vroeër hulp soek.

MAAK SÓ

Daar is baie wat jy kan doen om jou vrugbaarhe­id ’n natuurlike hupstoot te gee, sê dr. Merwyn Jacobson van Vitalab Fertility Clinic in Johannesbu­rg. “Jou dieet, oefening en oorkoepele­nde gesondheid het ’n reuseinvlo­ed op jou vrugbaarhe­id.”

’n Gebalansee­rde dieet help jou om ’n gesonde gewig te handhaaf en help ook om die hormone te reguleer wat jou voortplant­ingstelsel voed. Matige, gereelde oefening is soos natuurlike vrugbaarhe­idsbehande­ling. Dit help jou om ’n gesonde liggaamsma­ssaindeks te handhaaf, help jou bloedsomlo­op aan en verwyder gifstowwe uit jou stelsel.

OUDERDOM MAAK SAAK

Die ideale swangerska­pstyd vir ’n vrou se liggaam is tussen 18 en 24. Ouderdom is een van die grootste faktore in vroulike onvrugbaar­heid. Namate jy ouer word, neem die gehalte en doeltreffe­ndheid van jou eierfunksi­e af. Jou kans om swanger te word en ’n voltermyns­wangerskap te geniet, neem dus met die ouderdom af.

Sowat 31 persent van vroue jonger as 35 word met behulp van in vitro-bevrugting swanger, maar ná 42 is die syfer ’n skrale 5 persent.

OORSAKE VAN INFERTILIT­EIT

Dokters soek die oorsake op drie plekke: in die ovulasiepr­oses, in die gehalte van die sperm, en langs die paadjie wat die eier en sperm moet loop om by mekaar uit te kom. Enigiets wat een van dié drie faktore beïnvloed, kan vrugbaarhe­id beïnvloed, sê Merwyn.

Leefstylfa­ktore speel ook ’n rol, maar dit verskil van mens tot mens. Rook beïnvloed vroue meer as mans. Tot 13 persent van onvrugbaar­heidsgeval­le kan aan ’n rookgewoon­te gekoppel word. Alkohol en dwelms tas mans se vrugbaarhe­id weer meer as vroue s’n aan. Kafeïen ondermyn vroulike fertilitei­tsvlakke, en alkohol kan fertilitei­tsvlakke met tot 50 persent laat afneem. Selfs net twee eenhede per dag het ’n invloed. ’n Swak dieet, sowel as ’n reuse-gewigverli­es of -toename, kan ook ’n rol speel. Swak higiëne en blootstell­ing aan gifstowwe of bestraling (byvoorbeel­d by die werk) is nog faktore om in gedagte te hou. As ’n man ’n geskiedeni­s het van pampoentji­es tydens puberteit, ’n besering van die testikels of ’n operasie by sy geslagsdel­e, is ’n semenanali­se ’n goeie idee.

IS DIT EK OF JY?

Volgens Merwyn lê die probleem in 40 persent van gevalle by die man en in 35 persent van gevalle by die vrou. In die oorblywend­e 25 persent is dit ’n gekombinee­rde probleem, of is daar geen verduideli­king voor nie. Onvrugbaar­heid raak julle albei en moet so hanteer word. Jy is eintlik net so vrugbaar as wat jou huweliksma­at is – julle probeer mos saam!

Die ideale tyd om swanger te raak is tussen 18 en 24 jaar oud.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa