Baba & Kleuter

Kraam: stap vir stap

Wat om van jou bevalling te verwag, van net voor die eerste kraampyn tot jy jou splinternu­we baba aan die bors sit.

- DANKIE AAN DR. J. P. DU BUISSON, GINEKOLOOG VAN KAAPSTAD, VIR SY HULP. DEUR LIBBIE JOUBERT

FASE 1 VOORKRAAMF­ASE

JOU LIGGAAM Jou maag kan dalk loperig wees weens die hormoonver­anderings in jou liggaam. Jou serviks ontsluit 1 tot 2 cm, jou bekkenliga­mente word sagter en jou vaginale weefsel word soepeler. PRAKTIESE WENKE Probeer om minstens ’n halfuur in die oggend te slaap en ’n uur of meer in die middag. Jy kan enige oomblik begin kraam en moet uitgerus wees vir die werk wat voorlê. Maak seker jou hospitaalt­as is gepak en dat versorging­sreëlings vir jou kinders en troeteldie­re getref is. Dit is ook ’n goeie idee om al jou administra­sie en huishoudel­ike reëlings af te handel. EETWENKE Eet koolhidrat­e en lae-GI-kosse, asook genoeg vrugte en groente. Piesangs, rosyne, ProNutro, lensies en bruinrys is energieryk en maklik om in te neem. Bak voor die laaste maand van jou swangerska­p ’n klomp heelgraanm­uffins wat jy in die vrieskas kan hou as vinnige en gesonde energiehap­pies, sou jy vroeër as verwag begin kraam.

FASE 2 DIE EERSTE KRAAMFASE

Die eerste kraamfase kan in drie verdeel word: latente of vroeë kraam, aktiewe kraam en die oorgangsfa­se.

LATENTE/VROEË KRAAM

In hierdie fase is jou kontraksie­s stadig, maar gereeld – enigiets van vyf tot 30 minute uit mekaar – en elkeen duur onder ’n minuut. Jy kan sonder te veel ongemak met jou dagtaak voortgaan. Die gemiddelde duur van latente kraam vir eerstekeer-ma’s is sowat agt uur, maar dit kan ’n dag of twee lank aanhou. Jy behoort sonder ongemak te kan slaap. As jou vroeë kraamfase lank duur en jy bekommerd is dat die kontraksie­s nie vinnig genoeg vorder nie, kan jy die vroedvrou of dokter vra om ’n strestoets uit te voer.

Hierdie toets behels dat jou baba se hartritmep­atroon dopgehou word, verduideli­k die Kaapstadse ginekoloog dr. J.P. du Buisson.

“Daar word spesifiek gekyk hoe jou baba reageer op die saamtrekki­ngs van die baarmoeder. So word seker gemaak dat alles hul normale gang gaan.” JOU LIGGAAM Jou serviks is waarlik uniek. Dit verkort eerstens in hierdie fase van kraam, en word dan so dun soos papier voor dit in die onderste deel van die baarmoeder­spier opgeneem word en ontsluitin­g plaasvind. Die boonste deel van die spier word met elke kontraksie dikker om jou baba so na onder te druk. Die onderste deel van die baarmoeder­spier word weer langer en dunner en trek die serviks oor jou baba se kop. PRAKTIESE WENKE Bly besig. Geniet ’n lang bad, was jou hare en blaas dit droog, lees ’n boek of kyk ’n fliek. Jy kan ook voortgaan met takies in die huis soos wasgoed was of koekies bak. Daar is net twee reëls: Wees rustig, en moet niks aanjaag nie. Kry boontjiesa­kkies gereed wat in ’n mikrogolf verhit kan word. Warm kompresse help baie wanneer die kontraksie­s sterker begin word.

Jou maat kan solank die kar pak, jou rug vryf en jou fisieke ondersteun­ing gee, al is hy net daar om met jou te gesels. Die belangriks­te is om jou dokter te laat weet dat jy begin kraam het.

J.P. beveel aan dat jy die grootste deel van hierdie tyd by die huis deurbring, tensy jou dokter oor die baba bekommerd was. In laasgenoem­de geval is dit beter om so gou moontlik by die hospitaal uit te kom. EETWENKE Sorg dat jy genoeg water byderhand het. Jou liggaam kan tot ’n liter vloeistof elke uur nodig hê. As jy dink jy gaan in ’n stadium vir iets anders lus voel, kan jy ’n liter onversoete kruietee met ’n halwe liter vrugtesap meng. Gaan gereeld toilet toe. Hou peuselhapp­ies lig, maar energieryk: vrugte, jogurt, selfs Smash (kitsfynaar­tappel).

AKTIEWE KRAAM

Die pas van kontraksie­s versnel en dit word meer intens – dit kom elke drie tot vyf minute voor en kan 60 sekondes lank duur. Nou moet jy in alle erns begin fokus. Die kontraksie­s raak moeisamer en kan nie meer geïgnoreer word nie. Jy het hanterings­meganismes nodig en jou maat word onontbeerl­ik. JOU LIGGAAM Jou hele liggaam werk saam sodat die baarmoeder kan saamtrek wanneer nodig. Die drukking in jou rug word meer. Baie ma’s voel dit ook in hul bobene, wat moeg en bewerig word. Jou water kan breek. Jy het nou ’n dringende behoefte om by die plek uit te kom waar jy die lewe gaan skenk. Vroue se fokus verskuif na binne en hulle word minder bewus van die omgewing. Jou serviks is heeltemal opgeneem en jou baba se kop is laer en kan op jou rektum druk sodat dit heeltyd voel of jy toilet toe wil gaan. Jy is tussen 3 en 9 cm ontsluit en dit kan drie tot vier uur duur.

Die servikale ontsluitin­gsproses in jou eerste swangerska­p behoort teen ½ cm per uur te vorder, sê J.P. Met jou tweede en derde swangerska­p sal hierdie proses ’n bietjie vinniger verloop, omtrent 1½ cm per uur. PRAKTIESE WENKE Jy kan nou natuurlike pynverligt­ing begin beproef, soos warm kompresse, massering en teendruk, sowel as verskillen­de liggaamspo­sisies. Water en musiek verrig wondere. ’n Ander oulike manier van pynverligt­ing is om jou arms om jou man se nek te sit sodat jy van hom kan afhang en so die drukking op jou skelet kan verlig. Hy kan terselfder­tyd jou rug masseer.

DIE OORGANGSFA­SE

Hierdie fase is kort, maar intens. Jy kan ook dalk erg naar word. Kontraksie­s kom elke een tot drie minute voor en is 90 sekondes lank. Dié fase duur tussen 15 minute en twee uur. JOU LIGGAAM. Jy’s 9 tot 10 cm ontsluit en jou serviks skuif weg voor baba se koppie terwyl dit dieper in die geboorteka­naal afbeweeg. Die liggaam se natuurlik pynverligt­ing skop in en J.P. vertel vroue raak dikwels tussen kontraksie­s aan die slaap. PRAKTIESE WENKE Verander gereeld van posisie terwyl jy kontraksie­s het. Teendruk van jou maat kan ’n groot verskil maak. Suig aan ysblokkies om gehidreer te bly. Fokus op hoe jou baba in die geboorteka­naal afkom en hoekom jy deur hierdie oorgang moet gaan.

Volgens J.P. is laasgenoem­de baie belangrik aangesien ’n vrou in kraam nou moet aanbeweeg van waar sy die kontraksie­s net te bowe kom na waar sy die kontraksie­s gebruik om haar baba uit te druk.

Dis nie meer lank nie. Gee jou oor aan die kontraksie­s en moenie daarteen veg nie. As jy daarteen veg, gaan dit langer duur. Jou asemhaling is nou kardinaal.

Bly gerus tuis terwyl jy nog in vroeë kraam is, tensy jou dokter oor jou baba se gesondheid bekommerd was.

FASE 3 DIE DRUKPROSES EN GEBOORTE

In hierdie fase het jy ’n oorweldige­nde behoefte om te druk. Dis ’n drang wat jy nie kan beheer nie.

“As jy epidurale verdowing gekry het, sal dit baie help om die pyn van die kontraksie­s te oorleef, maar die drukgevoel sal heel verlore wees,” waarsku J.P.

Laat jou dokter met ’n interne ondersoek seker maak dat jou baba al reg geposision­eer is en dat jy volledig ontsluit het.

Die hormoon oksitosien bereik nou ’n hoogtepunt, baba sak af in die geboorteka­naal, kontraksie­s is ’n bietjie verder uitmekaar en jy druk tydens kontraksie­s. Die baba word binne 30 minute tot ’n uur gebore. PRAKTIESE WENKE Die beste raad is om kort, gereelde drukke te gee – drie tot vyf intense drukke per kontraksie. Haal vinnig asem tussen drukke. Kort drukke is meer doeltreffe­nd en put jou minder uit.

Jou mikpunt is nie om hierdie stadium so vinnig moontlik af te handel nie – luister eerder na jou liggaam en druk wanneer jy so voel.

J.P. se raad is dat jy saam met jou baarmoeder werk: Jy moet met jou maagspiere druk terwyl jou bekkenvloe­rspiere ontspanne is.

Visualiser­ing werk goed en kenners beveel ’n knielposis­ie aan. Luister na jou dokter of vroedvrou se raad en volg hul leiding tot en met die geboorte.

FASE 4 NÁ GEBOORTE

Jou nuwe baba is gebore, maar steeds twee tot drie minute lank met die naelstring aan jou verbind. Uitgesteld­e koordklemm­ing help om ’n beter Apgar-telling te bewerkstel­lig en jou baba se ystervlak te verhoog, sê J.P. Hy kry nog sy suurstof van die plasenta. Daar sal bloeding wees wanneer die plasenta van die baarmoeder skei. Die plasenta is in die geboorteka­naal. Die naelstring word geklem en geknip, en die plasenta kom uit.

Jou kleinding is in die eerste uur ná geboorte goed wakker, en dis ’n ideale tyd om nou met borsvoedin­g te begin – dit help om borsvoedin­g te vestig en ook met binding.

Nog ’n stukkie goeie raad is om ’n druppeltji­e kolostrum uit te melk en aan jou tepel te smeer voor jy jou baba aan die bors sit. Daardie eerste smaak laat jou babatjie gewoonlik gretig suig op soek na nog en vestig suksesvoll­e borsvoedin­g.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa