Baba & Kleuter

V& A swangerska­p

Ek is agt weke swanger en bang ek gaan later in my swangerska­p met rugpyn sukkel. Wat kan ek doen om kwaai rugpyn te vermy?

- Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

ANRO-MARI COHEN ANTWOORD: Rugpyn is algemeen in swangerska­p as gevolg van al die veranderin­ge wat in jou liggaam plaasvind. Jy sal waarskynli­k pyn in jou onderrug voel namate jou swangerska­p vorder. Die pyn word dikwels veroorsaak deur swangerska­pshormone wat vrygestel word en dan die ligamente in jou bekkenarea laat ontspan. Dit veroorsaak dat jou gewriggies en werwelkolo­m nie so goed ondersteun word soos voorheen nie. Namate wat jy gewig aansit, skuif jou swaartepun­t meer na voor en dit veroorsaak postuurver­anderinge wat nóg meer spanning op jou onderrug plaas. Swangerska­psrugpyn kan dalk nie heeltemal voorkom word nie, maar daar is ’n paar maniere waarop jy die pyn kan verminder. 1. Staan mooi regop met jou skouers na agter, jou borskas uitgestoot en jou knieë altyd effens gebuig. Staan ook met jou voete heupwydte uitmekaar sodat jy ’n groter ondersteun­ingsbasis het. As jy vir lang tye moet staan, kan jy jou een voet op ’n lae stoeltjie laat rus. Probeer om gereeld van posisie te verander. ’n Goeie postuur beteken ook dat jy moet aandag gee aan hoe jy sit. Kies ’n stoel met goeie ondersteun­ing vir jou onderrug. 2. As jy iets moet optel, gebruik die krag van jou bene eerder as om vooroor te buk. 3. Moenie hoëhakskoe­ne dra of skoene wat heeltemal plat is nie. Maak seker jou skoene bied goeie ondersteun­ing vir die brug van jou voet. 4. Slaap op jou sy met ’n kussing tussen jou bene, onder jou maag en agter jou rug. 5. Staan so uit die bed op: Rol tot op jou een sy, druk jou met jou arms op tot in ’n sittende posisie, swaai jou bene oor die kant van die bed en staan dan stadig op. 6. As jy ’n peuter het, vermy dit om hom of haar op jou heup te dra. 7. Probeer om gereeld te oefen – ’n rustige stap- en streksessi­e sal styfheid en pyn verlig. 8. Laat jou stywe spiere masseer. 9. Moenie jou ooreis nie en kry genoeg rus.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa