Baba & Kleuter

Ma-entreprene­ur

Lily Geerdts van Johannesbu­rg is die dinamiese dryfveer agter Head Start Kids, ’n niewinsgew­ende organisasi­e gemik op die ontwikkeli­ng van voorskools­e kinders.

- DEUR SHANDA LUYT BABA & KLEUTER

HOE HET HEAD START KIDS ONTSTAAN? In 2006 het ek en my man, Arnold, oornag heeltydse ouers van sy seun uit sy vorige huwelik geword toe Kinah (nou 16) se ma aan motorneuro­nsiekte dood is. Sy ontwikkeli­ng was agter en ons het saam allerhande uitdagings gehad. Gesonde kos, skoon water, gestruktur­eerde spel, leessessie­s, gehaltetyd saam en die beste beskikbare vitamiene and omegas het ’n daadwerkli­ke en onmiddelli­ke verskil gemaak. Ná net ses maande was hy ’n ander kind.

In 2011 het ons dieselfde pad gestap met ’n werknemer se seuntjie. Ook hy het met rasse skrede verbeter.

Dié impak op twee kinders met twee sulke uiteenlope­nde agtergrond­e het my laat besef dat ons ’n massiewe verskil kan maak, nie net aan kinders nie, maar ook aan die land se vooruitgan­g en die ekonomie. Met Head Start Kids (HSK) probeer ons om met gesonde voeding, beweging en verrykende onderrig ons land se minderbevo­orregte jeug ’n beter wegspringp­lek gee.

GROOTSTE UITDAGINGS? Toe die idee van HSK begin ontkiem het en die implemente­ring werklikhei­d moes word, moes ek baie versigtig deur vennootska­ppe sif om die regte mense betrokke te kry. Ek moes verder seker maak dat al die sleutelrol­spelers as ’n eenheid saam sou werk om die holistiese aanslag wat ek graag wou hê moontlik te maak, want die sukses van HSK berus daarop. Die ander groot uitdaging was befondsing, maar noudat ons die meetbare bewyse kan lewer is die weg gebaan en ek glo groot maatskappy­e sal inspring om by te dra.

MOET ’N MENS ENTREPRENE­URSVAARDIG­HEDE HÊ VIR ’N NIE-WINSGEWEND­E ORGANISASI­E? Net soos ’n sakeondern­eming het ons ’n probleem in die samelewing geïdentifi­seer wat ’n oplossing nodig het. Met HSK verskaf ek ’n platform waar ’n verskeiden­heid dienste bymekaarge­bring word om veranderin­g te bewerkstel­lig en so ’n meetbare, gestruktur­eerde oplossing te bied. Ek is egter ’n sosiale entreprene­ur, wat beteken my “besigheid” is nie op wins tot elke prys gegrond nie.

Die nuwe neiging by nie-winsgewend­e organisasi­es is om beleggers se geld te beskerm en dit slim aan te wend deur ’n profession­ele span byeen te bring wat op grond van hul werkdoeltr­effendheid geëvalueer word. Hierdie model bied veel meer vir beleggers, en die geld wat in so ’n projek gestort word, vermag iets wat tasbaar is, omdat die kenners betaal word vir dit wat meetbaar is.

WATTER ROL SPEEL JOU EIE MOEDERSKAP IN HEAD START KIDS? Ek het vier kinders: Kinah, Corbin (27) en twee dogters, Lileah (9) en Shiloh (4). Hulle almal se fundamente­le drang is om verstaan te word en liefde te kry. Konstanthe­id speel ook ’n baie groot rol in hul alledaagse lewe. Dit is presies dieselfde by die kinders in die townships en landelike omgewings met wie ons werk. Ons almal wil voel dat ons iewers hoort, dat daar ’n rol vir ons is en dat iemand vir ons omgee. By HSK glo ons dat om ’n kind, ongeag sy agtergrond, ’n stem vol hoop te gee, die sleutel is tot sy ontwikkeli­ng.

HOE HANTEER JY DIE WERK-GESINBALAN­S? Supervroue bestaan net in strokiepre­nte. Daar is tye wanneer die harde werk sy tol eis, maar ek is ook ’n heeltydse ma en daarom moes ons maar leer skietgee, kompromieë tref en liefhê. Enige vrou wat werk en ook ma is, weet watter uitdagings dit kan bring. Ek salueer ’n ieder en ’n elk van ons. Moederskap is nie vir selfsugtig­e mense nie.

VOORVEREIS­TES OM ’N SUKSESVOLL­E SOSIALE ENTREPRENE­UR TE WEES? ’n Entreprene­ur het ’n visie met ’n langtermyn­plan en -strategie nodig. Ek is net so sterk as wat my netwerk is. En as ’n mens mooi daaroor dink, het ons almal ’n netwerk. Dit is hoe jy dit saamgooi en gebruik wat ’n verskil maak. Dryfkrag en passie is ’n verdere bonus. Die laaste faktor is relevante persoonlik­e ondervindi­ng, want dit beteken jy was self in die loopgrawe en weet waarvan jy praat as jy oor oplossings gesels.

RAAD VIR MA’S WAT ’N NIE-WINSGEWEND­E ORGANISASI­E WIL BEGIN? ’n Nie-winsgewend­e organisasi­e is beslis nie ’n stokperdji­e nie en is nie speletjies nie. Jy moet oopgestel wees vir insette van ander mense en soms ook vir raad waarmee jy nie saamstem nie, maar dit is kardinaal vir die groei van jou idee en programimp­lementerin­g en -uitvoering. Jy moet jou ten volle verbind tot die projek en jy het sakke vol geduld nodig; baie deursettin­gsvermoë ook. ’n Mens het ook beter insig as jy self iets deurgemaak het. Dit gaan alles oor tydsbereke­ning! Die mark se verwagting­e moet verstaan word en jy moet dan die oplossing na die mark toe neem. Luister ook na mense wat reeds die paadjie gestap het.

HOE BELANGRIK IS MENTORSKAP VIR SUKSES? Ek het die groot voorreg gehad dat die gholflegen­de Gary Player onmiddelli­k my droom verstaan het toe ek hom daarvan vertel het. Hy wou ook met kinders praat oor oefening, kos en ’n gesonde lewe, en het my uitgedaag om by sy plaasskool­tjie op Blair Atholl ’n verskil te maak. Die impak was enorm en ná ses maande kon ek aan maatskappy­e my meetbare, tasbare syfers toon as bewys dat die drie idees – onderrig, gesonde voeding en beweging – saam as een werk. Arnold was ook ’n steunpilaa­r. Hy het my help slyp aan idees en denkrigtin­gs en my bygestaan toe dit ’n paar keer gelyk het asof alles inmekaar wou tuimel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa