Weg met vlek­ke!

Suk­kel jy met pig­men­ta­sie­vlek­ke? Hier is pro­duk­te wat jy ná swan­ger­skap op die proef kan stel.

Baba & Kleuter - - INHOUND -

Der­ma­lo­gi­ca se C-12 Pu­re B­rig­ht Se­rum is ’n lig­te, ak­tie­we mid­del wat hi­per­pig­men­ta­sie be­veg. Dit word vin­nig ge­ab­sor­beer en laat jou vel glad­der lyk. Die se­rum be­vat ’n meng­sel van be­stand­de­le wat me­la­nien­vor­ming re­gu­leer en so hi­per­pig­men­ta­sie be­han­del. Gaan na www. der­ma­lo­gi­ca.co.za om die Der­ma­lo­gi­ca-sa­lon naas­te aan jou op te spoor. R1 450.

Der­ma­lo­gi­ca se Pu­re Lig­ht SBF 50 is ’n dag­room wat die vel teen ver­kleu­ring deur die son be­skerm. Dit be­vat ’n krag­ti­ge pep­tied wat me­la­nien­pro­duk­sie help re­gu­leer, ter­wyl ’n meng­sel van rooi- en bruinal­ge en bo­ta­nie­se ek­strak help om die vel­kleur e­ga­lig te laat lyk. Dit be­vat ook hi­a­lu­ron­suur, wat fyn plooi­tjies ver­min­der. Gaan na www.der­ma­lo­gi­ca.co.za om die sa­lon naas­te aan jou te vind. R1 090.

Han­non se Lig­h­te­ning Se­rum for Pig­men­ta­ti­on ver­min­der hi­per­pig­men­ta­sie op die ge­sig. Dit laat jou vel­kleur ook e­ga­li­ger lyk. Dit be­vat die ak­tie­we be­stand­de­le o­ligo­pep­tied-34 en Moist 24 wat me­la­nien­vor­ming ver­min­der, ont­ste­king teen­werk, jou vel vog­tig hou en ve­le­las­ti­si­teit en -teks­tuur ver­be­ter. Gaan na www.han­non.co.za om dit aan te s­kaf of ’n sa­lon in jou om­ge­wing te vind. R440 vir 50 ml.

Op­tiphi Com­plex­i­on Con­t­rol raak ont­slae van af­val­stow­we en het uit­ste­ken­de wond­ge­ne­sings­ei­en­skap­pe. Die el­la­gien­suur daar­in ver­traag pig­men­ta­sie­vor­ming en die re­ti­nol sorg dat die voor­koms van fyn plooi­tjies en pig­men­ta­sie ver­be­ter. Hier­die room be­vat ook vi­ta­mien C en B wat die vor­ming en ver­pla­sing van me­la­nien­pig­men­ta­sie ver­min­der vir ’n meer e­ga­li­ge vel­kleur. Gaan na op­tiphi. com om te kyk wie in jou om­ge­wing dit ver­skaf. R1 156.

Bi­oef­fect EGF Se­rum be­vat EGF wat die sel­le ak­ti­veer wat ver­ou­de­ring help teen­werk. Dit maak jou vel fer­mer, ver­be­ter die teks­tuur en ver­min­der ook plooi­tjies en pig­men­ta­sie. Kry dit by Pla­ce­col S­kin Ca­re-kli­nie­ke of gaan na pla­ce­col.com. R1 585.

RVB Skin­lab se Die­go Dal­la Pal­ma W­hi­te­lig­ht24HR E­ven W­hi­te C­re­am kan ty­dens en ná jou swan­ger­skap ge­bruik word. Dié room knie­hal­ter ver­ou­de­ring, don­ker pig­men­ta­sie­vlek­ke, plooie en de­hi­dra­sie en help jou ge­laat e­ga­lig lyk. Die ak­tie­we be­stand­de­le weer­kaats boon­op die lig van jou ve­l­op­per­vlak. Te kry by vel­sorg­kli­nie­ke en -spa’s. Bel 021 701 2900 vir nog in­lig­ting. R895 vir 50 ml.

Bio-Oil be­vat ’n meng­sel van na­tuur­li­ke plant­o­lies en vi­ta­mie­ne, as­ook die be­stand­deel PurCel­lin Oil™. Dié be­stand­deel sorg dat dit on­mid­del­lik ge­ab­sor­beer word. Dis dus ’n “droë” o­lie, wat be­te­ken dat die o­lie en vi­ta­mie­ne deur die vel ge­ab­sor­beer word en nie op die op­per­vlak bly lê nie. Te kry by ap­te­ke en uit­ge­soek­te klein­han­de­laars land­wyd. R99,99 vir 60 ml, R144,99 vir 125 ml en R209,99 vir 200 ml.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.