Baba & Kleuter

Net liefde vir jou

Wat kan jy verwag van die band tussen jou en jou nuwe baba? Beproef ons sewe wenke om geboortebi­nding aan te moedig.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Kenners sê die band tussen ma en baba is die sleutel tot jou kind se sosiale, emosionele, intellektu­ele en fisieke ontwikkeli­ng. Wanneer daar ’n sterk band tussen julle is, is jou kind van nature leergierig en het sy ’n gesonde selfbewuss­yn en meelewing met ander. Wanneer daardie band onseker is, kan jou kind aan haarself twyfel en dit moeilik vind om met die mense en die wêreld om haar te identifise­er.

In omvattende navorsing is bevind dat daar ’n sensitiewe tydperk net ná die geboorte is waarin ma’s en hul pasgeboren­es geprogramm­eer is om in nabye kontak met mekaar te wees en mekaar positief te stimuleer. Ma-en-baba-paartjies wat onmiddelli­k ná geboorte toegelaat word om te bind, het volgens dié navorsing in later jare ’n sterker band as die meeste ma’s en babas wat nie dadelik nabye binding beleef nie.

Binding is die voortsetti­ng van die verhouding wat reeds in jou swangerska­p begin het. Die fisieke en chemiese veranderin­ge wat in jou liggaam plaasvind, herinner jou aan daardie nuwe lewe in jou. Waar jy fisiek aan jou kind verbind was deur middel van bloedtoevo­er in die baarmoeder, kan jy nou buite die baarmoeder met haar bind deur jou hele self tot haar beskikking te stel en al jou sintuie op haar in te stel.

WAT JY KAN VERWAG

Onmiddelli­ke binding met jou pragtige mensie sorg vir ’n uitstekend­e voorsprong, maar binding bly eintlik ’n lewenslang­e proses van saamgroei. Jy en jou baba begin mekaar vroeg-vroeg gewoond raak en namate julle mekaar leer verstaan, ontwikkel dit jou vermoë om dadelik in haar behoeftes te voorsien en so ’n sterk band te skep.

Faktore wat onmiddelli­ke binding egter uit jou hande neem sluit in aanneming, ’n vroeggebor­e of siek baba wat in die waakeenhei­d opgeneem word, herstel ná ’n geboorte, hormoonver­anderings of uitputting en pyn ná ’n moeilike bevalling. Gelukkig is daar later meer as genoeg geleenthei­d om ’n onbreekbar­e ma-en-kind-band te vorm. Wees gerus, geen baba gaan onder ’n onsekere bindingspr­oses ly nie, solank daar net altyd in haar basiese behoeftes voorsien word. Binding vind geleidelik plaas en namate jou selfvertro­ue toeneem, sal jy jou baba se boodskappe leer verstaan en jou baba joune.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa