Baba & Kleuter

Op goeie voete

In een leeftyd dra ons voete ons drie tot vier keer om die wêreld. Maak dus van vroeg af seker dat jou spruit se voete gesond bly.

- DEUR JENNIFER LINDSEY-RENTON

Selfs in ’n baba se piepklein voetjie is daar 28 beendere, 107 ligamente en 19 spiere, sowel as gewrigte en senings wat ondersteun­ing en beweeglikh­eid bied. Om jou kind in staat te stel om te hardloop, wip en spring, moet haar voete nie net stabiel en sterk wees nie, maar ook baie soepel. Dit is om dié rede dat jou kind se voete ’n baie spesiale struktuur het.

Ons moet ons kinders toelaat om soveel moontlik kaalvoet te hardloop, sê Nelfrie Kemp, ’n podiater (voetspesia­lis) en nasionale uitvoerend­e lid van die Podiatries­e Vereniging van Suid-Afrika (PASA). Gelukkig is kaalvoet bly vir ons kroos baie makliker as vir hul eweknieë in die Noordelike Halfrond.

“Kinders moet net skoene dra wanneer hulle op ’n openbare plek is, soos in ’n winkelsent­rum of by die skool, of om hulle teen die elemente te beskerm. As kinders kaalvoet op gras en sand loop en hardloop, of op ’n klimraam en in bome klouter, kry hulle kans om die intrinsiek­e spiere van hul voete en bene te oefen. Dit sal hulle goed te pas kom namate hulle ouer word,” sê Nelfrie.

Sy sê dis baie belangrik dat kinders se voete gereeld gemeet word. Anders as volwassene­s se voete groei kinders s’n nog. Dit bestaan hoofsaakli­k uit kraakbeen en die vorm verskil ook van grootmense s’n. Kinderskoe­ne wat sleg pas, kan dus heelparty probleme veroorsaak wat hulle later as volwassene­s sal inhaal. Maak dus baie seker jou kind se skoene pas korrek.

KIES HAAR SKOENE SO

• Jou kind se voete moet elke drie maande

gemeet word. • Daar moet ’n duimwydte tussen die punt

van die skoen en die langste toon wees. • Die sole van die skoen moet taamlik

reguit wees eerder as gerond. • Die skoen moet verkieslik veters, Velcro of gespes hê. Die hak moet ferm agter vasgehou word sodat dit nie te veel vorentoe kan beweeg nie. • Die deel van die skoen wat oor die bal van die voet pas, moet buigbaar wees, maar die agterkant moet ferm en stabiel wees. • Leer en seildoek is goeie materiale – dit is meer duursaam en laat meer lug deur as sintetiese en plastieksk­oene. • Skoene moet ideaal gesproke ronde voor

punte hê om die tone meer plek te gee. • Geen skoen moet stukkend wees of eers ingeloop word nie. As dit ingeloop moet word, is dit swak ontwerp of pas dit nie goed nie.

BLY SO VAS OP DIE VOETE

• Ondersoek jou kind se voete gereeld. • Laat jou baba toe om vrylik te skop sodat normale spiereontw­ikkeling kan plaasvind. • Moenie jou kind dwing om te loop nie. Kinders kan enige tyd tussen 10 en 18 maande begin loop. • Moedig kaalvoetlo­op aan op geskikte oppervlakt­es soos sand, gras en matte om spieraktiw­iteit en -ontwikkeli­ng aan te moedig. • Skoen- en sokkiegroo­tte moet volgens die

voetgroei aangepas word. • Enige klagte moet ernstig beskou

word.

GAAN PODIATER TOE AS:

• Jou kind se skoene ongelyk uitgetrap is, • Knoppe of bulte op die voet sigbaar is, • Pyne in die voete en bene ontstaan, • Jou kind gereeld struikel of val, of • Daar vel- of toonnaelpr­obleme is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa