Baba & Kleuter

V& A baba

-

My pasgeboren­e se koppie is die heeltyd na een kant gedraai. Hy kyk net links. Is dit normaal?

DR. H.P. VAN DER MERWE ANT

WOORD: Die algemeenst­e rede waarom ’n gesonde voltermynb­aba geneig is om sy koppie konstant na die een kant gedraai te hou, is dat sy nekspiertj­ies aan die een kant styf is. Dit is dikwels die gevolg van die posisie waarin hy in die baarmoeder gelê het.

Dit kan gewoonlik maklik reggestel word met mobilisasi­e-oefeninge vir die nekspiere wat tuis of met die hulp van ’n fisioterap­eut gedoen kan word.

Dis belangrik om te sorg dat jou baba nie net in sy nekvoorkeu­r-posisie gevoed word nie en dat visuele en klankstimu­lasie nie net van die een kant af geskied nie.

Daar kan egter ook ander redes wees waarom jou baba sy kop in een rigting gedraai hou; laat hom dus liefs eers volledig ondersoek voor julle met nekspieroe­feninge wegspring. Geboortebe­serings, sekere spier- en neurologie­se toestande en visieprobl­eme kan ook veroorsaak dat ’n baba sy koppie na die een kant gedraai hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa