Baba & Kleuter

DIGITAAL TOT OP ’N PUNT

-

Ons het nou meer digitale toestelle in die huis as mense. Ek het geskrik toe ek tel: vier slimfone, drie tablette en twee skootreken­aars. As my kinders moet kies tussen wifi of water vir ’n aand dink ek hulle sal melk drink en hul bad oorslaan. Hulle is dikwels op twee toestelle gelyk besig – rekenaar of tablet vir huiswerk en foon om met maatjies te gesels. Soms is daar selfs ’n derde toestel wat musiek ook speel. Dit lyk seker by jou huis ook so. My susterskin­d sê hulle is ’n “i-Family” en selfs my 77-jarige ma het ’n slimfoon en ’n tablet waarop sy elke maand ’n bietjie meer bedrewe word, al beweer sy dat haar vinger soms nie werk nie. (Dan rol al die kinders en kleinkinde­rs maar net hul oë.)

Dis wel interessan­t dat my ma se handskrif perfek leesbaar is, want sy skryf nog elke dag iewers iets met die hand. Duidelik makeer haar vingers eintlik niks. Mý handskrif aan die anderkant lyk deesdae asof ’n spinnekop in ink getrap het en toe oor die blad ge-foxtrot het, want ek skryf feitlik nooit meer met ’n pen of potlood nie. Alles word getik of ek neem gou ’n foto van iets wat ek wil onthou in plaas daarvan om ’n nota te maak. My ma het altyd ’n dagboek en notaboekie in haar handsak; ek nie meer nie.

Dis ook kostelik dat sy soms artikels waarin sy dink ek belang sal stel uit Die Burger knip en vir my pos. As ek weer iets sien waarin sy sal belangstel, whatsapp ek die skakel vir haar of ‘tag’ haar op sosiale media.

Ek hou egter nog mooi by my voorneme om hierdie jaar nie so ingeslurp te word deur sosiale media nie. Ek kyk korter en vinniger, reageer minder en lees net dinge wat my op ’n manier gaan voed, nie verteer nie. Die vreugdevra­te het ek einde verlede jaar al ophou volg en my lewe voel beslis ligter noudat my “newsfeed” ligter is.

Ons hou ook streng by ons reëls dat geen toestelle tydens etenstyd aan tafel toegelaat word nie en my kinders vat nie hul fone skool toe nie. Soms sit ons ook die wifi vir ’n middag of aand af en maak of dit stukkend is. Vir so ’n kwartier kla almal dramaties, maar dan vind hulle iets anders om te doen, meestal met hul hande en ’n stuk papier, waaroor ek baie bly is, want daardie fyn motoriese vaardighed­e moet geoefen word! Spinnekops­krif kan nie goed wees vir hul punte nie.

Ek hou ook maar ‘n digitale ogie op my kinders en hul maatjies en wat hulle deel en vir mekaar sê. Dit het al tot lekker gesprekke gelei. Nou die dag het ek geproes van die lag vir Emily. Ek wou half-kwaai weet wat ek met die pap naartjies moet maak wat hulle nie geëet het nie. Blitsvinni­g kom die antwoord: “covfefe!”

Nou ja, as jy ’n resep vir covfefe wil hê, kyk maar op sosiale media en lag jou slap.

Tot volgende maand,

 ??  ?? PS Geniet die potlode en inkleurpre­ntjie in dié maand se uitgawe. Onthou, dis goed vir die handspiert­jies. Kleur sommer saam met jou kind in. PPS Lees asseblief ons bylae hierdie maand van hoek tot kant. Dit kan ’n lewe red. Daar is ook ’n artikel oor...
PS Geniet die potlode en inkleurpre­ntjie in dié maand se uitgawe. Onthou, dis goed vir die handspiert­jies. Kleur sommer saam met jou kind in. PPS Lees asseblief ons bylae hierdie maand van hoek tot kant. Dit kan ’n lewe red. Daar is ook ’n artikel oor...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa