Baba & Kleuter

DANKIE, BABA & KLEUTER!

-

Ek is ’n kinderkine­tikus en ons hooffokus is groot motoriese ontwikkeli­ng en stimulasie sowel as remediërin­g van kinders van 0 tot 13 jaar.

Ek het ’n BA- graad in menslike bewegingsk­unde voltooi en ’n honneursgr­aad in kinderkine­tika.

Ek wil vir julle baie baie dankie sê vir die insiggewen­de tydskrif wat julle vir ons saamstel. Baie dankie dat ek met elke uitgawe meer as een ding by julle kan leer en dit op my daaglikse lewe kan toepas.

Vir my as terapeut is dit so lekker om met skoolhoofd­e en mammas te deel wat ek lees. Omdat ek nog nie self kinders het nie, maar elke week met omtrent 450 kinders werk, maak dit my lewe baie gerieflik en maklik.

Ek deel graag met my mammas elke week inligting wat ek by julle raakgelees het en hulle geniet dit vreeslik.

Jul artikels dek alle komponente van groot motories en fyn motories tot kognitief, sosiaal en emosioneel – en dit op alle ouderdomme.

Dit is moeilik om doeltreffe­nde inligting oor babas te kry en julle bied dit.

Mammas kom met baie vrae na my toe en dan kan ek sommer gou daardie aand in een van jul tydskrifte kyk of julle nie ’n artikel daaroor het nie. Ek het omtrent al my eie Baba & Kleuter- biblioteek.

Om dus op te som: Baie dankie vir alles wat ek deur julle verder kan leer en waarmee ek my kennis elke maand kan verbreed. Julle is aan die begin van die maand die eerste item op my inkopielys! CARISSA JANSEN, PRETORIA, GAUTENG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa