Baba & Kleuter

NUWE VREUGDE

-

Jacqueline onthou dat haar man die Vrydagogge­nd gesê het hy wil nie nog kinders hê nie. “Maar later die dag het hy gesê hy kan nie sonder nog kinders nie, want om so ’n lyfie vas te druk is ’n seën. Ons was net so bang dit gebeur weer.

“Mieke het in die tyd voor sy oorlede is, dikwels gesê sy wil ’n ‘ boetie- sussie’ hê. In Februarie 2015 het ek swanger geraak en ons het weer ’n pragtige dogtertjie, gebore op 2 Oktober 2015.”

Sy het swaar gedra aan Karmi, vertel Jacqueline met ’n glimlag, want Karmi is baie groter as Mieke – en ook nie so soet nie!

Dis nou twee en ’n half jaar ná Mieke se dood, maar dit voel steeds soos gister, sê sy. “Die verlange gaan nooit weg nie, maar jy leer om met die situasie saam te leef. Jy moet voortgaan. Ons troos ons daaraan dat sy nie baie gely het nie. Die Here het haar kom haal en beskerm by Hom en eendag sal ons weer saam wees.

“Die mense wat die pad saam met ons gestap het, het ons baie gehelp om dit te verwerk. Toe ek daar in die Rooi Kruis geloop het, het dit gevoel of ek op lug loop. Ek kon voel hoe mense vir ons bid. Elke boodskap het baie beteken – ook ná haar dood.

“Ons het altesaam 1 700 foto’s van Mieke geneem. As herdenking aan haar het ons twee kaste laat maak waarin ons die foto’s uitstal saam met dinge soos die Crocs wat sy altyd gedra het. Ons vertel vir Karmi dis haar ousus Mieke. Oral is herinnerin­ge ... Dis steeds my kind en ons praat graag oor haar. Maar vir eers geniet ons ons pragtige, woelige Karmi. En hopelik sal daar eendag nog ’n boetie of sussie wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa