Baba & Kleuter

Lewe só stadiger

-

1 SKEP ’N ‘GELUKKIGE’ RUIMTE Sit tyd opsy wanneer daar niks is om te doen en nêrens om heen te gaan nie. Doen sommer wat in julle kop kom. 2 DINK TWEE KEER VOOR JY JA SÊ Jy hoef nie vir alles ja te sê nie. Moenie skuldig voel nie – sê net dat jy dit ongelukkig nie kan doen nie. Om met grasie nee te sê pleks van om nee te sê en dit dadelik te wil regverdig, beteken dat jy jou minder bekommer oor of jou rede vir weiering goed genoeg is.

3 GEE MEKAAR ‘OORGANGSTY­D’ Die paar ure ná werk is intens. Jy kom by die deur in, iemand moet kos maak, iemand moet die kinders bad en hulle in die bed stop. Gee mekaar 15 minute om net ’n bietjie tot stilstand te kom voor julle met jul aandroetin­e begin. 4 MOENIE OUERSKAP OP ’N 50/50BASIS VERDEEL NIE Verdeel dit eerder op ’n sinvolle manier, byvoorbeel­d dat die een wat hou van kosmaak kook. 5 RUIL TYD UIT Elke af en toe kan een ouer tyd saam met die kinders deurbring sodat die ander ouer ’n bietjie eie tyd kan geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa