VAN AGTER NA VOOR
Dit is belangrik dat jou baba tyd op haar magie deurbring terwyl sy wakker is. Benut magietyd dan sommer om jou aapstert se rug, boudjies en bene te masseer. Plaas haar op haar maag en trek met goed geoliede vingerpunte klein sirkels op haar rug en groter sirkels op haar boudjies. Vryf haar bene afwaarts in die rigting van haar voete sodat sy bewus van daardie deel van haar lyfie ook raak.