UIT DIE HART
Plaas jou hande saam op die middel van baba se bors. Vryf sag, maar ferm na die kante van die bors toe en met die ribbekas af. Gebruik dieselfde beweging as wanneer jy die bladsye van ’n boek platvryf. Bring jou hande terug na die middel waar jy begin het sonder om dit eers op te lig.