Baba & Kleuter

SLAAP EN JOU JONG BABA (TOT DRIE MAANDE)

-

WAT OM TE VERWAG

Teen twee weke oud is die kans goed dat jou kleinding wakkerder is en jy meer sukkel om hom bedags gereeld te laat slaap. Omdat gereelde dagslapies die beste manier is om koliek te voorkom, moet jy hom egter help om daardie slapies in te kry. Jou kleinding kan nou ’n uur tot ’n uur en ’n half lank tussen dagslapies wakker bly. Hy sal minstens een of twee keer per nag gevoed moet word.

HANTERINGS­PROBLEME

JY SUKKEL OM BABA AAN DIE SLAAP

TE KRY Jou baba kan tussen week twee en drie begin sukkel om aan die slaap te raak. As hy egter nie bedags slaap nie, sal hy oormoeg word en teen die slaap begin veg, wat in die eerste 12 weke een van die hoofoorsak­e van huil is en wat kan bydra tot swak slaapgewoo­ntes wanneer hy ouer is.

Om jou baba te help om aan die slaap te raak, moet jy dophou hoe lank hy wakker bly.

’n Jong baba onder ses weke kan net met 45 minute tot ’n uur wakker tyd klaarkom. Teen drie maande kan jou baba dit al tot ’n uur en ’n half tussen slapies rek. Skryf neer wanneer hy wakker word en sorg dat hy weer terug in die bed is binne ’n uur na hy wakker geword het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa