Baba & Kleuter

SLAAP EN JOU BABA (VIER TOT SES MAANDE)

-

WAT OM TE VERWAG

Jou baba se slaappatro­on behoort geleidelik te verbeter tot en met drie maande, wanneer hy kan begin om net een keer per nag wakker te word. Dan, sonder waarskuwin­g en tot jou ontstelten­is, kan hy skielik weer meer gereeld wakker word – verwag dus ’n nagvoeding of twee in dié tyd. Hy sal in dié stadium drie tot vier dagslapies inwerk en moet aan die slaap gemaak word as hy ’n uur en ’n half tot twee uur lank wakker was. HANTERINGS­PROBLEME HY WORD SNAGS GEREELD WAKKER As jou baba snags al beter begin slaap het en dan skielik meer gereeld wakker word, en boonop tussen dagvoeding­s nie tevrede is nie en honger bly al is hy gevoed, kan dit wees dat sy voedingsbe­hoeftes aan die verander is.

As jou baba 17 weke (vier maande) of ouer is, het jy twee opsies. Jy kan sy behoeftes bevredig deur hom bedags en snags meer gereeld te voed – met ander woorde, deur die aantal voedings per nag te vermeerder of bedags ’n ekstra voeding by te voeg. Jy sal dit nie vir lank hoef te doen nie, want jy sal hom binnekort in elk geval aan vaste kos bekend moet begin stel.

Jy kan dit ook oorweeg om nou al vaste kos bekend te stel om sy voedingsin­name te vermeerder. Gesels egter eers met die klinieksus­ter of dokter as jou baba jonger as ses maande is. HY RAAK AAN DIE SLAAP OP DIE BORS OF NET WANNEER HY GEWIEG WORD

As jou baba gewieg of gevoed moet word

voor hy aan die slaap kan raak, is dit nou die tyd om hierdie gewoonte sagkens te ontmoedig en jou baba te leer om hom self te troos. Dit gebeur nie oornag nie en sal tyd, geduld, liefde en energie verg. Jy kan jou baba in twee stappe leer om hom self te troos.

Eerstens moet jy daardie spesiale ding vind wat jou baba kan gebruik om hom te help om aan die slaap te raak, soos ’n klein kombersie, ’n speelding of ’n fopspeen. Sodra jy op iets besluit het, moet jy dit konsekwent aanbied as jou baba ongelukkig of moeg is.

Ten tweede moet jy vir jou baba die ruimte te gee om hom self te leer troos deur nie op elke kermpie te reageer nie. As jy ’n rukkie langer wegbly as wat hy verwag, sal hy leer om hom self te troos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa