Baba & Kleuter

AAPSTERT EET SKIELIK NIE

-

My baba van nege maande het altyd baie goed geëet. Ek het met purees begin en stelselmat­ig meer teksture bygevoeg. Hy het selfs lekker aan maalvleis gesmul. Maar nou het hy skielik alle kos begin weier. Hy eet amper niks, behalwe af en toe gebottelde puree. Ek verstaan nie wat nou skielik verander het nie. Wat kan ek doen?

ANEL KIRSTEN ANTWOORD:

Dit kan om verskeie redes gebeur. Dalk kry jou kind tande, of hy’t ’n onderligge­nde verkoue of dalk ’n seer keel. By jong babas verstaan ’n mens nie altyd hul redes nie. Hulle begin soms ook minder eet wanneer hulle besig is om ’n nuwe tekstuur baas te raak.

Uit ’n voedingsoo­gpunt moet jy voortgaan om jou baba aan teksture bloot te stel, selfs al gril hy daarvoor. Ek het gevind dat kinders vir fyngemaakt­e kos begin gril en dan meer van vingerkos hou. Ek stel dus ’n kombinasie van puree en vingerkoss­ies voor. Terwyl hy met die vingerkos speel en dit ontdek, kan jy ’n paar happies puree tussenin gee.

Baie belangrik: Vanaf sewe tot 10 maande is daar ’n venstertyd­perk waarin ’n mens babas aan nuwe teksture kan blootstel om latere fiemies te voorkom. Navorsing het ’n verband gevind tussen die vermyding of laat bekendstel­ling van growwe teksture (ná nege maande) en voedselaan­vaarding teen die ouderdom van sewe jaar.

Studies het verder getoon dat babas wat ná 10 maande eers aan teksture blootgeste­l is, nie gesinskos geniet het nie en teen 15 maande duidelike eetvoorkeu­re gehad het.

Probeer dus om vingerkos soos roosterbro­od, piesang, halfsagte kaas en aarbeie aan te bied. Ja, dis ’n gemors, maar dit is belangrik dat jou baba leer om onafhankli­k te eet. Beskou dit as ’n belegging in sy langtermyn- gesonde eetgewoont­es en belangstel­ling in gesonde kos.

Die doel van babavoedin­g is om kinders met boublokkie­s van kosinligti­ng te voorsien sodat hulle teksture en smake kan leer en uiteindeli­k aan die gesinstafe­l kan eet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa