Baba & Kleuter

’N HALWE BREIN IS GENOEG

-

Nico is ’n 11-jarige seuntjie wat effens mank loop en wat gek is oor sy skootreken­aar. Maar hy het ’n groot geheim: Nie albei kante van sy brein werk nie. Op drie jaar oud moes Nico sy regterbrei­n opoffer om sy epilepsie te beheer. In dié prosedure word die een kant van die brein verwyder of buite werking gestel. Dit is ’n besonder seldsame chirurgies­e prosedure en word slegs op baie jong kinders uitgevoer omdat ’n jong kind se brein die vermoë het om aan te pas en self te leer om weer as ’n geheel te werk.

Antonio Battro, ’n Spaanse kognitiewe neuroweten­skaplike, sê Nico het tot ’n normale slim kind met byna geen fisieke of verstandel­ike gestremdhe­id nie ontwikkel. Antonio meen die helfte van die brein kan ’n nuwe brein vorm en dit lyk of Nico sy teorie korrek bewys. Talente en vaardighed­e wat tipies met die regterbrei­n verbind word soos wiskunde, visuele kunste, musikale vaardighed­e, motoriese vermoëns (met die gebruik van ’n muis of sleutelboo­rd) en aandagspan het in Nico heeltemal normaal vir sy ouderdom ontwikkel. Sy behoue linkerbrei­n het volgens Antonio waarskynli­k dié vaardighed­e aangeleer en ’n heelbrein is dus so gevorm. Die enigste taak waarmee Nico sukkel is teken en skryf, maar Antonio het hom aan ’n rekenaar bekendgest­el en nou kan hy beter as enige van sy klasmaats tik en rekenaarge­baseerde tekeninge maak. Hy het ook onlangs die voordele van e- pos en rekenaarpr­ogrammerin­g ontdek. “Ons kan sien hoe aanpasbaar ’n jong brein is. Die senuwees aan die linkerkant van Nico se brein het met mekaar verbind om baie van die funksies van die verwyderde regterhelf­te oor te neem,” sê Antonio.

Nico se storie word vertel in die boek Half a Brain Is Enough: The Story of Nico deur Antonio M. Battro (CUP, 2006).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa