Baba & Kleuter

PASTA MET GROENTEEN-MAASKAAS-SOUS

-

• 1 e (15 ml) olyfolie • 1 ui, fyngekap • 1 wortel, gerasper • 1 murgpampoe­ntjie,

gerasper • 1 selderysti­ngel, fyn

gekap • 1 klein appel, geskil en

gerasper • 1 blik (400 g) gekapte

tamaties • 3 e (45 ml) gladde maaskaas • 60 g pasta

GAAN SÓ TE WERK

1. Verhit die olie in ’n kastrol. Braai die uie, wortel,

murgpampoe­ntjie, seldery en appel sowat 5 minute. 2. Roer die tamatie by, verlaag die hitte, plaas die deksel

op en laat 10 minute prut. Roer af en toe. 3. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en roer die

maaskaas by. Blits glad met ’n stokmenger. 4. Kook intussen die pasta tot gaar volgens die aanwy

sings op die pak. Dreineer en meng die sous deur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa