BREINKOS
Die dik kartonboeke 100 eerste woorde en 100 woorde oor diere bevat pragtige foto’s en help jou kleinding om meer van die wêreld te leer terwyl sy haar woordeskat uitbrei. Elke boek het gaatjies waardeur jy kan loer en flappe waaragter heerlike verrassings skuil. Human & Rousseau, R110 elk.