Baba & Kleuter

WANNEER HUMOR ONVANPAS IS …

-

Onaanvaarb­are gedrag is nooit iets om oor te lag nie. As jou kind stout is en jy lag omdat dit vir jou oulik lyk, stuur jy die boodskap dat sy gedrag jou goedkeurin­g wegdra en sal hy dit weer doen – wat jy minder snaaks sal vind.

Moenie humor met ’n geterg of bedekte afkrakery verwar nie. Negatiewe humor sal jou kind seermaak en nie die situasie beredder nie. Respekteer jou peuter se gevoelens.

Soos met alle dinge in die lewe is daar met dissipline ’n tyd om ernstig te wees en ’n tyd om te lag. In sekere ernstige dissipline­situasies is humor onvanpas. Die kuns lê daarin om die situasie te lees en humor op die regte tyd te gebruik om situasies te ontlont en jul verhouding te bou.

Onthou dat humor nie altyd gaan werk nie. Soms is dit ook nodig om verskillen­de soorte humor te beproef tot jy vind wat vir jou kleinding werk.

Bly konsekwent. Humor beteken nie jy verskuif die grense van aanvaarbar­e gedrag nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa