Baba & Kleuter

MOEILIKER SPELETJIES

-

DOBBELSTEN­E. Speel gereeld speletjies met dobbelsten­e. Jou kind sal later met een oogopslag die getalvoors­telling op die dobbelstee­n herken. Laat jou kind ’n sekere aantal blokkies in sy hand hou terwyl hy met die ander hand die dobbelstee­n gooi. Hy moet dan sê of die kolletjies op die dobbelstee­n meer of minder of net soveel as die blokkies is. Sê hy moet ’n getal tussen een en ses gee, en dan probeer jy dit gooi. Of gooi elkeen met ’n dobbelstee­ntjie en kyk wie die hoogste kan gooi. DOMINO. Speel domino en vra vrae soos “Watter kant van die steentjie het die meeste/minste kolletjies? Hoeveel kolletjies is daar altesaam? Hoeveel kolletjies het die een kant meer as die ander kant?” RAAI- RAAI. Speel raai-raai- speletjies soos “Ek is kleiner as vyf, maar groter as drie – wie is ek?” MEET. Meet jul gesinslede gereeld en gebruik die regte terminolog­ie. WEGKRUIPER­TJIE. Speel wegkruiper­tjie en laat hom tot 10 of 20 tel voor hy mag begin soek. BAK. Bak saam koekies en laat hom afmeet. Sê wat julle doen: twee eiers, een koppie melk en drie koppies meel. NOMMERJAG. Onderneem ’n nommerjag in die buurt en kyk waar julle oral nommers sien. Lees dit hardop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa