Baba & Kleuter

Borsvoedin­g: spring reg weg

Die geheim van borsvoedin­g is om korrek te begin. Ons verduideli­k hoe.

- DEUR CAMILLA RANKIN

Sommige ma’s en babas kry borsvoedin­g vinnig en sonder te veel moeite reg, maar vir almal verloop die sakie ongelukkig nie altyd so glad nie.

Borsvoedin­g is ’n vaardighei­d wat sowel ma as kind moet aanleer. Lê dus in die eerste drie of vier dae ’n goeie fondament in die hospitaal waar daar personeel is wat jou kan ondersteun.

VOOR DIE GEBOORTE

Jy kan jou voor die bevalling al begin gereedmaak vir borsvoedin­g. Rus jou toe met soveel moontlik inligting. Dit sal help dat jy en baba gouer op dreef met borsvoedin­g kom en ook paraat is as terugslae dalk oor jul pad kom. Moet jou nie steur aan ouvroustor­ies soos dat jy jou tepels met salf moet smeer of met harde borsels moet skrop nie – dit sal jou tepels net seer pleks van sterk maak.

EERSTE VASSUIGSLA­G

Goeie hegting aan die bors is belangrik en hoe gouer jy daarmee wegspring, hoe beter. Laat jou baba so gou moontlik ná die bevalling vassuig, sommer net daar in die kraam- of herstelkam­er.

Dit staan bekend as die goue uur ná geboorte omdat navorsing wys dat hoe gouer baba aan jou begin drink, hoe minder sukkel julle later met borsvoedin­g.

Moet egter nie paniekerig word as jou baba ná vashegting nie wil suig nie. Dit beteken nie sy sal nie kan borsvoed nie. Sy is dalk net moeg ná ’n uitputtend­e geboorte of straks nog onder die invloed van ’n middel soos petidien, wat tydens die bevalling toegedien en eers ná ’n rukkie uitgewerk word.

Onthou, in die hospitaal sal dinge nie so natuurlik en gemaklik voel soos dit eintlik kan wees nie. Dis omdat dit vir jou ’n splinternu­we ervaring is.

Jy weet jou kind suig reg vas as: • haar mond jou tepel en ’n groot deel van die areola (die donker deel om die tepel) toemaak; • haar ken aan jou bors raak; en • haar bo- en onderlip oop is en soos ’n visbekkie bo-oor jou bors pas. Borsvoedin­g behoort nie jou tepels te laat pyn nie. As jy pyn het, heg jou baba waarskynli­k nie heeltemal reg vas nie. Haal haar van die bors af deur jou pinkie in die hoek van haar mond te druk en die seël tussen haar tong en verhemelte te breek. Probeer dan weer.

Maar onthou, selfs met die korrekte hegting kan jou tepels steeds gevoelig wees weens hormoonsko­mmelinge wat ná die geboorte plaasvind. Dié hormoonged­rewe sensitiwit­eit neem mettertyd af, maar as jy seker maak jou baba heg korrek vas, kan jy gebarste tepels met blase vermy.

EERSTE VOEDING

Wanneer jou baba vassuig behoort sy ’n paar vinnige slukkies te neem en dan oor te slaan na ’n sterker, meer ritmiese voeding. Daar word aanbeveel dat jy haar toelaat om te voed solank as wat sy wil. Wissel jou borste af sodat jou melkproduk­sie aan albei kante gestimulee­r word.

Die eerste voeding kan vreemd en ongemaklik wees en party ma’s kan oorweldig voel. Onthou, jy en jou baba het ’n intense ervaring deurgemaak en het tyd nodig om te herstel en mekaar te leer ken.

EERSTE MELK

Die eerste melk wat jou baba drink is ’n gekonsentr­eerde, roomkleuri­ge vloeistof wat baie proteïen en min vet bevat en kolostrum genoem word. Kolostrum bevat water, suiker, vitamiene, proteïene, minerale en belangrike teenliggaa­mpies wat jou baba teen infeksies beskerm en haar immuunstel­sel versterk. Die kolostrum bevat ook ’n stof genaamd laktoferri­en, wat soos ’n natuurlike antibiotik­um optree. Omdat dit so gekonsentr­eerd is, sal jou baba net sowat ’n halwe teelepel per voeding nodig hê. Natuurlik is dit onmoontlik om te weet presies hoeveel kolostrum sy per voeding inkry. Duidelike tekens dat jou baba goed voed, is die uitskeidin­g van mekonium – ’n taai, swart stof, gevolg deur ’n gelerige of mosterdkle­urige stoelgang ná ’n dag of wat.

EERSTE VOLWASSE MELK

Teen die derde of vierde dag kan jy agterkom dat jou borste voller of swaarder voel. Dit is gewoonlik ’n aanduiding dat die regte melk besig is om in te kom. Jou melk verander van kolostrum na oorgangsme­lk, oftewel van ’n gelerige, roomkleuri­ge vloeistof na ’n dikker, witter vloeistof.

Dis ’n goeie plan om aan te hou borsvoed of elke twee tot drie uur uit te melk om melkproduk­sie te stimuleer en borsstuwin­g, wat baie seer kan wees, te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa