Baba & Kleuter

Ons verstaan mekaar

Peuters is meer geneig om na ons te luister as ons op die regte manier met hulle praat. Hier is ’n peuter-‘woordeboek’, oftewel die beste manier om met jou kinders te kommunikee­r.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

1 MAAK OOGKONTAK

As jy enigsins ’n indruk wil maak, is dit ’n goeie plan om op jou hurke of knieë te gaan sit om seker te maak jy is op jou peuter se hoogte sodat julle oogkontak maak. Kyk hom reguit in die ogies terwyl jy met hom praat. Moet eerder nie ’n lang, breedvoeri­ge gesprek probeer voer nie, maar praat in kort sinne en maklike woorde wat hy kan verstaan: “Moenie jou sussie seermaak nie.”

Soms gaan hy net so ’n groot behoefte hê om ’n spesifieke boodskap aan jou oor te dra. Doen dan dieselfde: Kom op sy vlak en maak oogkontak.

2 EEN DING OP ’N SLAG

Jou peuter beskik oor die vermoë om baie selektief te hoor ( hy erf dit by sy pa!) en hoe meer woorde en sinne jy aframmel, hoe minder gaan hy waarskynli­k hoor. Vir hom klink dit na ’n geraas en daardie oortjies slaan bottoe. Hou dus jou boodskap kort en jou taal verstaanba­ar en eenvoudig. Moenie ’n toespraak lewer oor hoekom jou kind die hond moet uitlos nie – sê eenvoudig: “Los die hond.” Wanneer jou kind klaar daaraan gehoor gegee het kan jy dalk verduideli­k hoekom.

3 GEE KANS Wag tot jou peuter rustiger is voor jy met hom begin praat. Dit gaan nie help om ’n gesprek te probeer voer met ’n woedende orkaan op Woolworths se vloer nie. Hy sal vinnig genoeg besef hy moet sy konsert stopsit as jy hom net so los en maak of jy wegloop. Praat met hom wanneer hy kalmer is. 4 VERDUIDELI­K MET RESPEK

Partykeer word ’n peuter so meegevoer deur die situasie dat dit byna onmoontlik is om tot hom deur te dring. So kan dit byvoorbeel­d in ’n groot oorlog ontaard as hy medisyne moet drink. Verduideli­k dat medisyne hom gesond maak en dat hy dit moet drink, anders bly sy oortjie seer: “Janco is siek, medisyne maak dit beter.” Dit werk soms beter om met respek te verduideli­k en te vra as om jou gesag – en die medisyne in sy keelgat – af te dwing. 5 HERHAAL JOU SINNE

Jou peuter verstaan jou regtig soms nie mooi nie. Herhaal jou woorde en verduideli­k wat jy bedoel. Hy weier dalk om in sy motorstoel­tjie te sit. Sê waarom hy dit moet doen. En dat hy baie seer kan kry as ’n ander motor julle dalk stamp. Of dat julle maar eerder by die huis gaan bly as hy nie in sy stoeltjie sit nie. Soms wil hy in beheer voel en glo dat hy self besluit het dis beter om in die stoeltjie te sit. 6 PRAAT MOOI As jy wil hê jou peuter moet met respek en liefde met jou praat, moet jy dieselfde doen. Onthou jou maniere en behandel hom met respek en liefde. Sê asseblief, dankie en moenie skel of skree nie. Maak ook ’n punt daarvan om hom nie dood te praat nie. Wag geduldig tot hy klaar gepraat het, en verwag dan ook dieselfde van hom. 7 SÊ WAT MÓÉT GEBEUR

Sê liefs wat sy moet doen, eerder as dit wat sy nie moet doen nie. Pleks daarvan om te sê: “moenie val nie”, of “sjuut, bly stil”, sê eerder “kyk mooi waar jy stap”, of “gebruik die stem wat mamma gebruik”, terwyl jy fluister. As jy fokus op wat jou peuter nié moet doen nie, sal sy dalk juis dit doen. Probeer dus om positief met jou kind te kommunikee­r. 8 PRAAT SAGGIES

Hoe harder jou kind skree en raas, hoe sagter behoort jy daarop te reageer. Sy sal vinnig ophou om te hoor wat jy sê, veral as jy fluister. Om op jou peuter te skree, is die heel laaste ding wat jy behoort te doen! Onthou, jy is haar grootste rolmodel en leermeeste­r. Moenie verbaas wees as sy in die middel van die supermark uit die bloute op jou begin gil as sy nie daardie pakkie lekkers mag kry nie. Dis dan die verwysings­raamwerk wat jy vir haar gegee het, en sy kan nog nie onderskei tussen dit wat jy mag doen en dit wat sy nie mag doen nie. 9 ONDERHANDE­L SOMS Jou peuter geniet dit én dis goed vir haar ontwikkeli­ng om te voel jy ken haar in sommige besluite. As jy weet jou kind het gehoor, maar sy is traag om te luister, kan jy maar bietjie onderhande­l. Jy hoef dit nie elke keer te doen nie – wag vir die geleenthed­e wanneer dit jou pas: “As jy klaar geëet het, kan ons vir ’n rukkie Paw

Patrol kyk.” Soms het jou peutertjie ’n bietjie aanmoedigi­ng nodig om iets aan te pak. 10 GEE ’N BIETJIE KANS

Gee haar kans om haar kant van die storie te vertel. Vra hoekom sy gedoen het wat sy gedoen het en verduideli­k in een kort sin waarom die optrede verkeerd is.

“Dit is lelik van boetie om jou lekkers te vat. Maar dis baie stout om te knyp!” 11 GEE ’N WAARSKUWIN­G

Waarsku jou peuter voor jy optree, al het sy nog nie regtig ’n benul van tyd nie. As sy lekker saam met ’n maatjie speel, kan jy haar ’n paar minute voor die tyd waarsku dat julle gaan ry: “Mamma weet jy speel nou lekker, maar ons moet netnou huis toe gaan.”

Mettertyd word dit vir jou kind gewoonte om te begin afwen wanneer jy die waarskuwin­g gegee het en begin sy verstaan wat “vyf minute” beteken. Kort voor lank sal sy dit met jou ook gebruik!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa