Baba & Kleuter

Daai eina sitvlak

Het jou baba brandboudj­ies? Ons bekyk die verskillen­de soorte, oorsake en behandelin­gs.

-

Die woord “brandboudj­ies” is ’n baie wye term wat vir ’n verskeiden­heid velkwessie­s in die omgewing van ’n baba se doekarea ingespan word.

As jou baba ’n uitslag op sy boudjies het, is dit heel moontlik een van hierdie drie veltoestan­de: kontakderm­atitis, ekseem of sproei.

KONTAKDERM­ATITIS

Een van die grootste oorsake van brandboudj­ies is ’n velirritas­ie wat deur urine veroorsaak word, sê die Kaapstadse pediater dr. Paul Sinclair.

“’n Babadogter­tjie wat te lank in ’n nat doek gelaat word, kan ’n ontsteking op haar eksterne labia kry, en ’n seuntjie op die kontakarea van die penis.”

Daar is ammoniak in elke baba se urine wat suur is en die vel kan brand. Dis waarom ’n doek gereeld geruil moet word.

Al is moderne doeke baie meer absorberen­d as voorheen, kan babas se teer velletjie steeds aangetas word.

“Selfs ná net een piepieslag is daar genoeg uriensuur in die doek om die vel aan te tas,” waarsku Paul.

Babas wat diarree kry en veral dié wat nie suiker behoorlik verteer nie of ’n sekondêre laktose-intolerans­ie het, loop ook die gevaar om kontakderm­atitis op te doen.

“Dié babas produseer ’n suur stoelgang wat brand, veral rondom die anus. Dit is nog ’n oorsaak van brandboudj­ies,” sê Paul.

Voorkom en behandel kontakderm­atitis deur met elke doekruilin­g ’n boudjiesal­f met ’n sinkbasis aan te smeer, is sy raad.

EKSEEM

Net soos babas ekseem agter hul knieë kan kry, kan dit ook in die voue van die bobene ontstaan.

“Dit is waarom sommige ouers by spesifieke handelsmer­ke bly en sê dat slegs ’n sekere soort doek vir hul baba werk,” sê Paul.

Hierdie soort brandboudj­ies is soortgelyk aan kontakderm­atitis, maar word as ekseem geklassifi­seer omdat dit in die velvoue voorkom en nie noodwendig op dele wat in regstreeks­e kontak met die allergeen is nie.

Jou baba is dus allergies vir iets, en in dié geval is dit óf die doek, óf die reiniger, óf die boudjiesal­f óf die vogdoekies wat jy gebruik.

“As jy nie wil hê jou baba se ekseem moet vererger nie, is die regte doek, ’n sagte reiniger en ’n eenvoudige versperrin­gsroom ’n moet,” waarsku Paul.

Sy raad is dat jy jou baba se boudjies skoonmaak met watteskyfi­es wat in rooibostee gedoop is. Dis alkalies en sal die suurheid neutralise­er.

’n Room met kortisoon moenie elke dag gebruik word nie.

“As jou baba ware ekseem het, moet dit met ’n kort kursus kortisoon behandel word,” sê Paul.

SPROEI

Brandboudj­ies met rooi spikkels of kolle is heel moontlik sproei. Dit word veroorsaak deur ’n swaminfeks­ie wat veroorsaak word deur die swam Candida albicans.

“Dit begin met ’n klein rooi ring om die anus en dan volg die kolletjies. By seuntjies is dit belangrik om die skrotum op te lig en te kyk of dit daar voorkom. Lig ook die penis omdat hulle gewoonlik aan die basis daarvan sproei kry,” verduideli­k Paul.

Behandel sproei met teenswammi­ddels wat deur die dokter voorgeskry­f sal word.

GAAN DOKTER TOE AS …

“As jou baba brandboudj­ies het, jy by die apteek was, ’n salf aangesmeer het en daar steeds geen verbeterin­g is nie, behoort jy jou dokter te raadpleeg,” sê Paul.

Moenie voorgeskre­we boudjiesal­f wat ’n bietjie sink, ’n bietjie kortisoon en teenswam- bestanddel­e bevat elke dag gebruik nie. Dit maak nie saak hoe goed hierdie salf werk nie, dit het ’n kortisoonb­asis en die geslagsdel­e is soos die gesig: jy kan nie te veel kortisoon daaraan smeer nie omdat dit die vel dunner maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa