Baba & Kleuter

Verbeel jou dit!

Speel-speel-aktiwiteit­e is nie net speletjies nie – dis een van die beste maniere om jou kind se kreatiwite­it en toekomstig­e vaardighed­e te ontwikkel.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Verbeeldin­g is een van die wonderliks­te vaardighed­e van menswees: om prentjies te vorm in jou gedagtes, iets op te maak, ’n wêreld te skep wat nie bestaan nie. En ons kinders doen dit moeiteloos.

VANAF 0 TOT 2 JAAR

Die fondament vir verbeeldin­gspel word in die eerste lewensjaar gelê. Die eerste tekens van jou kind se verbeeldin­g is egter eers in die tweede lewensjaar te sien.

Studies wys jou kind sal tussen 19 en 22 maande gebeure kan begin visualisee­r sonder dat hy dit self gesien het, ’n belangrike element van verbeeldin­g. Jou peutertjie sal sy bekertjie as ’n karretjie begin inspan of haar pop sal ’n baba word wat sy aan die slaap sus.

2 TOT 4 JAAR

Jou kind se verbeeldin­g bereik nou ’n hoogtepunt. Teen drie jaar begin verbeeldin­g ’n besonder belangrike rol in jou kind se lewe speel en word dit ’n belangrike manier om meer oor die lewe te leer. Nog nooit was Kersvader vir hom so werklik soos nou nie en sy spel is deurspek met verbeeldin­gsvlugte. Hy sal egter sukkel om werklikhei­d en verbeeldin­g te skei – wat kan veroorsaak dat hy die verskrikli­kste stories vertel en dit self glo! Sy nuwe verbeeldin­gskrag kan ook lei tot meer vrese, soos vir die monsters onder sy bed. ’n Onsigbare maatjie is nou ook algemeen.

4 JAAR EN OUER

Teen vier jaar oud kan jou kleuter stadigaan begin onderskei tussen werklikhei­d en fantasie en besef dat hy nie die modderkoek­ie werklik moet eet nie. Op sewe sal hy waarskynli­k weet Kersvader bestaan nie werklik nie, maar steeds graag saamspeel. Sy verbeeldin­g is steeds baie aktief, maar hy kan verleë voel as jy hom betrap waar hy speel hy is een van die drie helde in PJ Masks. Hy kan sy verbeeldin­g uitleef deur stories op te maak, of selfs sy eie boeke skryf en illustreer.

Dink saam met jou kind verspotte stories uit – hy sal gek daaroor wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa