Baba & Kleuter

In by een oor ...

Menige ma het al ’n slapelose nag met ’n ongedurige kleinding op die bors deurgebrin­g, net om by die dokter te hoor die sondaar is middelooro­ntsteking. Ons kyk hoe hierdie slaapdief vasgevat kan word ...

- BABA & KLEUTER

Oorinfeksi­e is een van die algemeenst­e redes waarom antibiotik­a vir kinders voorgeskry­f word en ’n hele 75 persent van kleingoed kry voor hul derde verjaardag minstens een keer oorinfeksi­e. Boonop word dit veroorsaak deur dieselfde kieme wat aanleiding gee tot boonstelug­weginfeksi­e.

WAT IS OORONTSTEK­ING?

Die middeloor bestaan uit die trommelvli­es, ’n hol ruimte (die trommelhol­te) en drie klein oorbeentji­es (bekend as die hamer, aambeeld en stiebeuel) wat aan mekaar vassit en oor die ruimte in die binneoor strek. Aan die onderste punt van die trommelhol­te is daar ’n klein buisie, die buis van Eustachius, wat verseker dat enige vloeistof wat in die trommelhol­te opbou, na die keel kan afloop.

Oorinfeksi­e word veroorsaak wanneer hierdie buisie nie werk soos hy moet nie en die vloeistof in die trommelhol­te begin opbou. Hierdie vloeistof kan ontsteek wees of nie.

’n Kind se buis van Eustachius is korter en meer horisontaa­l as dié van ’n volwassene en

dit is waarom kinders meer geneig tot oorinfeksi­e is as grootmense.

Boonstelug­weginfeksi­es, sinusontst­eking, refluks en allergieë kan alles veroorsaak dat die buis van Eustachius verstop en vloeistof en druk in die binne-oor opbou. Dit is wat die pyn en ongemak veroorsaak. As hierdie druk nie verlig word nie, kan die trommelvli­es bars en die vloeistof in die buiteoor se kanale beland.

Normaalweg genees ’n gebarste trommelvli­es vanself, maar as die buise van Eustachius herhaaldel­ik verstop word, kan ’n permanente klein gaatjie in die trommelvli­es vorm wat gehoorverl­ies kan veroorsaak.

GEVOLGE VAN OORINFEKSI­E

Ál meer voorskools­e kinders sukkel met taalen spraakprob­leme as gevolg van herhaaldel­ike oorinfeksi­e, sê Chrisna Oosthuizen, ’n oudioloog by die Carel du Toit-sentrum vir kinders met gehoorprob­leme in Bellville, Kaapstad.

Omdat die vloeistof in die middeloor ’n effens tot taamlike verlies aan gehoor veroorsaak, ontwikkel hierdie kinders dikwels onduidelik­e spraak. Hulle hoor nie die s-, f- en t-klanke nie en daarom sê hulle dit ook nie. Hulle hoor ook dikwels nie die kort

woorde in ’n sin nie en daarom sê hulle dit ook nie.

“Gehoor is een van die sintuie, maar luister is ’n vaardighei­d,” sê Chrisna.

’n Kind wat vir aansienlik­e rukke nie goed kan hoor nie, ontwikkel nie goeie luistervaa­rdighede nie en dit kan later prestasie op skool ondermyn.

Hierdie wisselvall­ige verlies aan gehoor kan ’n probleem met die verwerking van klanke veroorsaak, wat ’n kind later kan laat sukkel met aandag gee, konsentras­ie (veral waar daar baie agtergrond­geraas is soos in ’n klaskamer), lees en spel.

Volgens Susan Strauss, president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Oudioloë, is dit uiters belangrik om seker te maak dat ’n kind wat oorinfeksi­e gehad het weer normaal kan hoor, al is die infeksie self iets van die verlede. ’n Oudioloog is spesiaal opgelei om kinders se gehoor te evalueer en kan ’n vinnige, pynlose toets uitvoer om te bepaal of daar vloeistof in die middeloor is. Geen doktersver­wysing is nodig vir ’n besoek aan ’n oudioloog nie.

’n Oudioloog kan ouers en onderwyser­s ook help om aanpassing­s te maak in ’n kind se leeromgewi­ng om hom te help om beter te hoor en te luister.

Moenie met middeloori­nfeksie speel nie, want dit kan gehoorverl­ies en latere leeruitdag­ings veroorsaak.

DIE ENE ORE

Die Pretoriase oor-neus-keel-arts dr. Nisius du Plessis deel wenke vir goeie oorsorg: • ’n Kind met dreinering­spypies (grommets) wie se ore aanhou dreineer, het ’n opvolgbeso­ek by die oor-neus-keel-spesialis nodig om die oorsaak daarvan vas te stel. • Moenie enige ander middel in ’n kind met pypies se oor drup behalwe dit wat deur ’n dokter voorgeskry­f is nie. Sommige druppels is skadelik vir die middeloor. • Oorstokkie­s behoort net gebruik te word om die buitenste oorskulp skoon te maak en moet in geen omstandigh­ede in die oorkanaal gedruk word nie. • Moenie probeer om was uit die oor te verwyder nie – dit beskerm die oorkanaal teen infeksie en water. Die meeste pogings om was te verwyder druk dit net dieper in, waar dit ’n prop vorm wat ander probleme kan veroorsaak. • Dokters stem nie saam oor of ’n kind met oorpypies sonder oorproppie­s kan swem of bad nie. In die meeste gevalle is die oorproppie­s nie nodig nie, aangesien die oorkanaal so ontwerp is dat dit vloeistof uithou.

As hulle ná die swem oorpyn het of daar ’n afskeiding uit die oor is, moet hulle egter liewer oorproppie­s dra.

’n Algemene reël is dat kinders sonder oorproppie­s kan swem, maar nie met hul kop dieper as ’n halwe meter onder die water nie.

Seperige badwater kom maklik in die ore en kinders met oorpypies moet hul kop liewer droog hou terwyl hulle bad.

HOE OM OORINFEKSI­E TE VOORKOM

• Maak seker jou kind se immunisasi­e-program is op datum. Die Hib- ( Haemophilu­s influenzae­B-) en pneumokokk­us-vaksien

kan oorinfeksi­e help beperk. • Navorsing wys dat kinders wat minstens ses maande lank geborsvoed is, minder geneig is om oorinfeksi­e op te doen. • Hou die kleinspan weg van sigaretroo­k. Daar is ’n duidelike verband tussen die aantal boonstelug­weginfeksi­es en blootstell­ing aan rook. • Beheer allergieë wat die buise van

Eustachius kan laat swel en verstop. • Maak seker jou baba word altyd teen ’n hoek van 25 tot 45 grade neergelê as sy ’n bottel drink en lê nie plat op haar rug nie. Omdat bottelmelk makliker in baba se mond opdam as wanneer baba borsvoed, kan van die melk deur die buis van Eustachius na die middeloorh­olte vloei en ’n infeksie veroorsaak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa