Baba & Kleuter

Braxton wat?

Menige vrou is al terug huis toe gestuur nadat sy hospitaal toe gejaag het onder die indruk dat haar kraampyne in volle gang is. Onderskei ware en fopkontrak­sies só van mekaar.

- DEUR LIBBIE JOUBERT BABA & KLEUTER

HOE VOEL DIT?

Namate jy die einde van jou eerste trimester nader, voel jy soms hoe jou maag stywer trek. Dit word veroorsaak deur die hormoon estrogeen, en gebeur ook omdat die baarmoeder rek.

Braxton Hicks-kontraksie­s behels gewoonlik ook dat jou bloeddruk, polsslag en die druk in jou baarmoeder effens verhoog, en dit neem in die laaste ses weke van swangerska­p toe. Dit streel jou baba en help jou om vir die bevalling te oefen.

HOEKOM GEBEUR DIT?

Daar word gereken dat Braxton Hickskontr­aksies help om die senupaadji­es te ontwikkel wat jou liggaam later nodig gaan hê om ware kontraksie­s te koördineer. Dit help moontlik ook om die serviks vir die bevalling voor te berei, en daarom word dit soms oefenkraam genoem.

As dit jou eerste baba is, is die kans goed dat die Braxton Hicks-kontraksie­s ongesiens en ongevoel verby kan gaan tot heelwat later in jou swangerska­p.

’n Vrou wat ’n meerling of haar tweede of derde kind verwag, gaan meer bewus daarvan wees en dalk selfs ’n bietjie meer ongemaklik voel terwyl dit voortduur.

In teenstelli­ng met kraamkontr­aksies het Braxton Hicks-kontraksie­s geen patroon nie. Dis pynloos en ongereeld. Sommige kontraksie­s is baie kort, terwyl ander taamlik lank kan duur. Soms kan jy hierdie kontraksie­s net voel wanneer jy jou hand op jou maag sit.

Later in jou swangerska­p word Braxton Hicks-kontraksie­s ook fop-kraamkontr­aksies genoem en baie vroue verwar dit met die ware Jakob.

HANTEER BRAXTON HICKS-KONTRAKSIE­S S0

Leer sommer nou al om Braxton Hickskontr­aksies met die hulp van ontspannin­gstegnieke te hanteer – dan is jy al ’n ou hand wanneer ware kraampyne die dag verskyn!

1Plaas

albei jou hande op jou maag en asem stadig in deur jou neus en uit deur jou mond terwyl jy jou mond in ’n “o” vorm. 2Hou

daarmee aan tot die kontraksie verby is. As die kontraksie­s plaasvind terwyl jy lê, draai op jou sy. 3As

jy besig is om oefening te doen, gaan staan handevierv­oet en wieg jou lyf sagkens vorentoe en agtertoe.

WAT JY MOET WEET

• Pyn in enige stadium van jou swangerska­p

is altyd ’n rede tot kommer. • Sametrekki­ngs wat voel soos die begin van ’n maandstond­e moet deur jou mediese versorger ondersoek word. • As daar enige vaginale bloeding voorkom, of as daar vloeistof uitdrup (dit kan vrugwater wees) wanneer jy hierdie sametrekki­ngs het, moet jy jou dokter onmiddelli­k in kennis stel. • Blaasinfek­sie kan ook met kontraksie­s verwar word. Simptome van ’n blaasinfek­sie sluit die volgende in: ’n dringende behoefte om aanmekaar te urineer (veral in die nag, wat natuurlik in elk geval gebeur as jy swanger is), ’n brandende gevoel terwyl jy urineer en rugpyn of kwaai bekkenpyn.

Die een word beter onder ’n warm stort, die ander een word erger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa